Parameters van pyn
Die filmhuis van my drome
draai eentonig
elke Desember róndom
dieselfde onthoue
Eleanor Rigby
ligene op die rooi dak
soos die groen blare
op die druiweprieel
van my ouerhuis
met die Vaalrivier
se elke-sewe-jaar oor-
stroming tot ‘n dam
dit keer
soos die trane die trane
oor verlore kanse
sertifikate gevismot
medaljes geskaai
All the lonely people
soos hierdie gedig
‘n blasoen
Father McKenzie wiping the dirt from his hands
in ‘n droom verskyn
jy maar onhoorbaar
jou boodskap
asof jy reeds
finaal vertrek het
toe die droom
se beurtkrag
alles óphef
(Ah, look at all the lonely people)
iewers word
ryskorrels
opgetel
van ons
gefnuikte
bruilof
digby
Hong Kong.
© Joan Hambidge, 2022