Apteek
ten slotte is dr. Dood die groot
geneser – met sý voorskrif word
die dosis terminaal verhoog
tot dusver was sy handskrif
– gelukkig maar – vir die apteker
’n giftige hiëroglief
maar op ’n kwade dag gaan hy
dit ontsyfer: sterwensessens
swaar sal ek daaraan sluk
@Daniel Hugo, 2023