Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
28 February 202328 February 2023

Joan Hambidge. Hoe lees ons? XXIV

 

 

Frank Bidart en Terrence McNally oor Maria Callas

 

I

Frank Bidart (1939), ‘n bekende Amerikaanse digter, studeer aan die Universiteit van Kalifornië—Riverside en later aan Harvard. Aanvanklik stel hy in drama belang en die leser kan die impak hiervan sien op sy gedigte wat sterk dramaties in aanbod is. Sy gedigte is dikwels moeilik om te volg weens die vreemde punktuasie en ‘n vermenging van joernaalinskrywings, interne gesprekke, anekdotes en briewe.

“The War of Vaslav Nijinsky” in The Sacrifice (1983) is ‘n gedig wat dertig bladsye beslaan. Bidart dig oor moeilike persone wat teenstand moes oorkom. https://www.theparisreview.org/poetry/3235/the-war-of-vaslav-nijinsky-frank-bidart

Besoek 26 Februarie 2023

Die ellende van Vaslav teenoor die konkelende Diaghilev en die psigiese en fisiese ellende van Nijinski wat in 1919 opgeneem is in ‘n inrigting weens skisofrenia word in hierdie gedig ondersoek.

“Saying the unsaid”. https://www.newyorker.com/magazine/2017/09/11/frank-bidarts-poetry-of-saying-the-unsaid Besoek 26 Februarie 2023

Sy eie persoonlike lewe kom aan bod. Hierom kan hy buikspreker wees vir ander, die stemlose en verskoppelinge.

Bidart se tekste is lang belydenisse, dikwels onderbreek met prosa-opsommings. Dus ‘n soort dramateks met ‘n regisseur wat aanwysings gee.

“Ellen West” is ‘n belangrike gedig van Frank Bidart. Dit is gebaseer op Ludwig Binswanger se “Der Fall Ellen West”, ‘n analise van liggaamlikheid en eetversteuring.

Hier is ‘n gedeelte van ‘n gedig, ‘n monoloog, wat meer as 21 bladsye beslaan:

 

Callas is my favorite singer, but I’ve only

seen her once —;

 

I’ve never forgotten that night. . .

 

—  It was in Tosca, she had long before

lost weight, her voice

had been, for years,

deteriorating, half itself. . .

 

When her career began, of course, she was fat,

 

enormous —; in the early photographs,

sometimes I almost don’t recognize her. . .

 

The voice too then was enormous —

 

healthy; robust; subtle; but capable of

crude effects, even vulgar,

almost out of

high spirits, too much health. . .

 

But soon she felt that she must lose weight,—

that all she was trying to express

 

was obliterated by her body,

buried in flesh —;

abruptly, within

four months, she lost at least sixty pounds. . .

 

— The gossip in Milan was that Callas

had swallowed a tapeworm.

 

But of course she hadn’t.

 

The tapeworm

was her soul. . .

 

— How her soul, uncompromising,

insatiable,

must have loved eating the flesh from her bones,

 

revealing this extraordinarily

mercurial; fragile; masterly creature. . .

 

— But irresistibly, nothing

stopped there; the huge voice

 

also began to change: at first, it simply diminished

in volume, in size,

then the top notes became

shrill, unreliable — at last,

usually not there at all. . .

 

— No one knows why. Perhaps her mind,

ravenous, still insatiable, sensed

 

that to struggle with the shreds of a voice

 

must make her artistry subtler, more refined,

more capable of expressing humiliation,

rage, betrayal. . .

 

— Perhaps the opposite. Perhaps her spirit

loathed the unending struggle

 

to embody itself, to manifest itself, on a stage whose

 

mechanics, and suffocating customs,

seemed expressly designed to annihilate spirit. . .

 

— I know that in Tosca, in the second act,

when, humiliated, hounded by Scarpia,

she sang Vissi d’arte

  • “I lived for art” —

 

and in torment, bewilderment, at the end she asks,

with a voice reaching

harrowingly for the notes,

 

“Art has repaid me LIKE THIS?”

 

I felt I was watching

autobiography —

an art; skill;

virtuosity

 

miles distant from the usual soprano’s

athleticism,—

the usual musician’s dream

of virtuosity without content. . .

 

— I wonder what she feels, now,

listening to her recordings.

 

For they have already, within a few years,

begun to date. . .

 

Whatever they express

they express through the style of a decade

and a half —;

a style she helped create. . .

 

— She must know that now

she probably would not do a trill in

exactly that way,—

that the whole sound, atmosphere,

dramaturgy of her recordings

 

have just slightly become those of the past. . .

 

— Is it bitter? Does her soul

tell her

 

that she was an idiot ever to think

anything

material wholly could satisfy?. . .

 

— Perhaps it says: The only way

to escape

the History of Styles

 

is not to have a body.

 

II

Terrence McNally se Master Class (1995) is ‘n fiksionele drama oor Maria Callas. Sy gee ‘n meesterklas vir studente en is direk en hardhandig in haar aanwysings oor foute. Die drama word egter ‘n vertrekpunt vir háár herinneringe en dramatiese lewe. La Scala en die troebel verhouding met Aristotle Onassis, wat nie alleen haar hart gebreek het nie, maar die einde van haar stem beteken het. Weens die verhouding het sy nie meer geoefen nie en toe sy uiteindelik teruggekeer het na die verhoog, was haar glorie verby.

Wat hierdie teks ironies maak, is dat die lied in Tosca van toepassing word op háár: Vissi d’arte. (Ek het vir die kuns gelewe …)

 

Vir ‘n vertolking:

 

https://www.google.com/search?client=firefox-b-d&q=callas+la+divina#fpstate=ive&vld=cid:3835e771,vid:7a5a3l0QCII Besoek 25 Februarie 2023

 

 

Sy het egter Giovanni Battista Meneghini, haar eggenoot verlaat vir Onassis wat weer op sy beurt betrokke geraak het by Jackie Kennedy. Dus dubbel-verraad.

Daar word ook geïntimeer dat Onassis haar deurgaans bly besoek het; tog sterf sy alleen en gebroke in Parys.

In die drama word daar ook gefokus op die nydighede tussen groot sangers.

La leçon de chant (The Singing Lesson), ‘n produksie van 1997 vertolk Fanny Ardant die hoofrol en Roman Polanski was die regisseur. Tans vertolk Sandra Prinsloo die rol in Theatre on the Bay met Magdalene Minnaar as die regisseur.

Prinsloo begryp die pyn van hierdie vrou en boots haar aksent en maniërismes perfek na.

https://www.youtube.com/watch?v=xRpzRSy_tvE Besoek 26 Februarie 2023

III

Vir hierdie digter is Callas eweneens ‘n boeiende en tragiese figuur.

 

Maria Callas (1923–1977)

Joan Hambidge

 

A woman sings with her ovaries – you’re only as good as your hormones.

–  Carol Neblett

 

Vir Danie van Niekerk

 

 

 

La Divina,

temperamentis,

tessitura uniek;

die bybel van opera,

doop Leonard Bernstein

haar speels,

 

verewig

op ’n Griekse munt

haar asse gestrooi

in die Egeïese see

soos sy vra.

 

Haar stem

onlosmaaklik

deel van haar lyf:

eers gewigtig,

later afgeskaal.

 

Sy blameer glo

haar moeder, Evangelia,

vir haar skroom.

Sny haar los

van háár wat kleintyd

applous weerhou het

soos ’n ryke sy krummels

van ’n bedelaar.

 

Nimmer erkenning genoeg:

die media en operahuise

net ’n skynverblyf.

Telkens hunker sy

in herinnering

honger na haar moeder

se goedvinde terug,

na die suinige porsies

afgeweeg,

liefde op voorskrif.

 

Vaders vind sy elders:

Giovanni Battista Meneghini

vergoed vir haar vader se leuens

tot haar nemesis verskyn:

Onassis die goëlaar,

minnaar, befonkfaaier,

brutale vetsak,

’n eend wat munte

in die water afweeg –

 

tot Jacqueline Kennedy,

elegant en afgerond,

’n mooier, jonger diva

haar in die derde bedryf

lammermoor:

 

liefde, verraad, skandaal

uitgespeel in die openbaar

Sy kruip weg, verlore

in ’n glansbestaan,

vereensaam

tot haar terugkeer

met ’n stem wat vulgêr

en vals weerklink.

 

Lucia se waansin

het verruk,

haar ondergang aanskoulik;

Callas s’n speel af

in die stad van liefde en lig,

en in die staccato flitse

van paparazzi was alles

’n oop geheim.

 

 

Joan Hambidge

25 Februarie 2023

 

 Bronne:

Bidart, Frank. Hier is van sy tekste:

  • Golden State (1973)
  • The Book of the Body (1977)
  • The Sacrifice (1983)
  • In the Western Night: Collected Poems 1965–90 (1990)
  • Desire (1997)
  • Music Like Dirt (2002)
  • Star Dust (2005)
  • Watching the Spring Festival (2008)
  • Metaphysical Dog (2013)
  • Half-light: Collected Poems 1965–2016 (2017), winner of the National Book Award in Poetry and the Pulitzer Prize for Poetry
  • Against Silence (2021)

Bekronings soos dit op die webruimte in Engels aangegee word:

  • 1981 The Paris Review‘s first Bernard F. Conners Prize for “The War of Vaslav Nijinsky”
  • 1991 Lila Wallace-Reader’s Digest Foundation Writers’ Award
  • 1992 Fellow of the American Academy of Arts and Sciences
  • 1995 Morton Dauwen Zabel Award in Poetry given by the American Academy of Arts and Letters[11]
  • 1997 Shelley Memorial Award of the Poetry Society of America
  • 2000 Wallace Stevens Award of The Academy of American Poets; subsequently elected a Chancellor of the Academy (2003)
  • 2007 Bollingen Prize in American Poetry
  • 2013 National Book Critics Circle Award (Poetry), winner for Metaphysical Dog
  • 2013 National Book Award (Poetry), finalist for Metaphysical Dog
  • 2014 PEN/Voelcker Award for Poetry
  • 2017 Griffin Poetry Prize Lifetime Recognition Award
  • 2017 National Book Award in Poetry
  • 2018 Pulitzer Prize for Poetry

 

 

https://www.ndsu.edu/pubweb/~cinichol/CreativeWriting/423/Bidart.htm  Besoek 25 Februarie 2023

https://www.theparisreview.org/interviews/7424/the-art-of-poetry-no-105-frank-bid Besoek 26 Februarie 2023

Hambidge, Joan. 2021. Konfessies, kaarte en konterfeitsels. Pretoria: Imprimatur.

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Joan Hambidge. Hoe lees ons? XXIII
Joan Hambidge gesels met Jerzy Koch →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "wanneer woorde asemhaal" (Maritha Broschk) & "swartland" (Rudolph Willemse)
  • Sonja Loots in gesprek met Alwyn Roux oor "Weerskyn"
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius
  • Resensie: "aalmoes vir die bootman" (Andries de Beer)

Nuutste bydraes

  • Charl-Pierre Naudé. Mymering
  • Joan Hambidge. Borges, Sheila Cussons en Johann de Lange
  • Persverklaring: Groot poësieprys ter ere van Breyten Breytenbach
  • Gerard Scharn. Portret van van Monika Pon-Su-San door Vladimir Tretchikoff
  • 100 Duitse Bestes: Else Lasker-Schüler (1869-1945)

Nuutste kommentaar

  1. Celesté Fritze on Celesté Fritze. Vergetedal16 May 2025

    Barbara, ek waardeer jou terugvoer

  2. Celesté Fritze on Celesté Fritze. Vergetedal16 May 2025

    Dankie vir die tyd en die waardering, Ena.

  3. Jacobus Swart on Jacobus Swart. Franz Kafka15 May 2025

    Beste mnr. Scharn Ek waardeer u kommentaar. Dankie dat u my werk gelees het.

  4. Dietloff Van der Berg on Resensie: “Feesmaalgang” (Dietloff van der Berg)14 May 2025

    Baie dankie Joan Hambidge vir die fyn lees en die hoog gewaardeerde slotsom.

  5. Gerard Scharn on Jacobus Swart. Franz Kafka14 May 2025

    Beste Jacobus Swart, het leven van Kafka kort maar compleet weergegeven. Tientallen boeken hoeven nu niet meer gelezen te worden.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d