Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
29 March 202330 March 2023

Joan Hambidge. Hans Faverey

 

I

 

In Mirakel en muse (Perskor,1983) skryf Henning Snyman insigryk oor implikasie en die sogenaamde veelheid van interpretasies.

Die digkuns van Hans Faverey boei my al etlike jare en sy Verzamelde Gedichten (1993) is ‘n besonderse en boeiende bloemlesing. Met ‘n pragtige groen omslag uitgegee deur De Bezige Bij in 1993.

Sy gedigte skep vir die sogenaamde buite-leser, met ander woorde, daardie leser nie-behorend tot die Nederlandse wêreld etlike uitdagings. Nie alleen omdat die verse kripties of “duister” is nie, maar omdat die buite-leser telkemale etlike semantiese probleme ondervind.

So lui die volgende gedig:

 

Zoiets als een eigen woestijn:
daaruit bestaat de mens: eenparige
roos, op eenparige voet,

uitgeloogd: opdat hij terugtreedt

uit de droom in het licht dat hem
behelst; dat zich zonder hem
niet langer laat vallen op de huid
die hij thans aan moet.

 

© 2010, Erven Hans Faverey
Gedichten 1962-1990
De Bezige Bij, Amsterdam

 

In vertaling:

Something like a desert of his own:
of this, man is made: uniform
rose, on a uniform footing,

leached bare − in order to withdraw

from the dream into the light that
comprises him; that without him
will no longer let itself fall
on the skin he now must wear.

 

© Vertaling: 1994, Francis R. Jones
Against the Forgetting
New Directions, New York, 2004

 

Die vertaler het eweneens – só wil dit voorkom – probleme ondervind met hierdie komplekse gedig. “Eenparig” as “uniform” vertaal.

Volgens die Eksteen-sinoniemwoordeboek beteken eenparig: eenstemmig, unaniem; gelykmatig, konstant, gelyk. Dus saam-stemmend, maar ook konstant.

Dus uit een mond, maar terselfdertyd nie-veranderlik. Eenparig aktiveer ook eenspaaiig en eensaam.

Die gedig beslaan 8 reëls, maar die konvensie van die oktet word verbreek (2 strofes: 4/4) met

uitgeloogd: opdat hij terugtreedt

Hierdie leser sien hierdie springende reël as betekenis wat sowel tot die eerste as die tweede strofe behoort.

Die woestyn (van eensaamheid, voorspelbaarheid, verveling) geplaas teenoor die droom (nagrus, fantasie). Só gelees, is daar ‘n jukstaposisie tussen harde werklikheid en wat-kon-wees.

Amper iets soos ‘n woestyn (dor/droog) teenoor die lig wat val op die huid (beskerming).

Sonder die mens is daar geen lig nie …

En die roos? Al die assosiasies binne die digkuns word geaktiveer.

Onder my Faverey-versameling ontdek hierdie leser vanoggend Eva Gerlach se Daar ligt het (De Arbeiderspers – Poetry International, 2003), geskryf in opdrag vir die samekoms.

Die inskripsie voorin is van Alfred Schaffer, die meester van die hermeties-verseëlde vers.

Hierdie leser het opsetlik nie ander kritici se interpretasies gelees nie. Waarskynlik werk hierdie gedigte met die raaisel wat volgens Freud iets verklap van die onbewuste. In The Psychopathology of Everyday Life (1901) is daar die beroemde anekdote opgeteken. Die verhaal van die sigeuner wat ter dood veroordeel is. Hy het wel ‘n wens en dit is om die boom te kies waar hy sal hang.

Uiteraard kon hy nooit die “regte” boom vind nie. Hierdie anekdote (via Ferenczi) word deur Freud behandel as ‘n sogenaamde “slip of the pen” (1960, 174).

Anekdote speel in op Tode.

 

II

 

Alleengelaten weg, die zich verliest
in afstand. Met een hoefijzer of twee
drie, halfhartig geïnteresseerd
in roest − Een mond met alles nog
voor zich wat hem verliest.

Boven aan de trap, naast de echte trap,
ontluikt wat eerst moest verwelkt;

door mij gezien alsof het niet bij mij
heeft gehoord. (Doorboord.) En of een kat
soms mooiere ogen heeft dan een uil.
En of het water zijn vissen wel door-
zwemt tot op de jongste dag.

 

Gedichten 1962-1990
De Bezige Bij, Amsterdam

 

In die volgende gedig smokkel die digter verder met die leser se kop. Hoefyster (simbool van geluk), trap, kat, uil, water, visse – alles simboliese merkers.

‘n Kat in die Egiptiese mitologie behoort tot die ondermaanse; die swart kat simboliseer eweneens ongeluk in sekere kulture. Teenoor die hoefyster wat geluk impliseer.

Die uil staan in sekere kulture vir wysheid; in ander weer beteken dit slegte geluk.

Water staan vir die onbewuste.

Trap dui op ‘n beweging hier tussen die bewuste en onbewuste? Of ‘n letterlike of figuurlike interpretasie van die gedig?

Ontluik teenoor verwelk, ‘n duidelike binariteit of opposisie.  Cirlot is hier ‘n handige gids.

Is dit tersaaklik om te weet dat Faverey in Suriname gebore is en dosent was aan die Departement Sielkunde te Leiden?

Volgens my is dit eerder gedigte wat met raaisels werk: die raaisels van die onbewuste en die ontsyfering van die leesaksie wat nooit finaal kan wees nie.

III

In The Psychopathology of Everyday Life behandel Freud die konsep parapraxis. Die sogenaamde “slip of the tongue / pen” wat onbewuste begeertes of werklike gevoelens verklap. Ook kan die wegraak van objekte of besittings só beskou word.

Faverey se gedigte is kompleks.

 

Boven aan de trap, naast de echte trap,
ontluikt wat eerst moest verwelkt  …

 

Dalk gedigte oor psigiese transformasie?

Dalk gedigte oor toeval soos hierdie leser wat ander tekste herontdek?

 

Joan Hambidge

28 Maart 2023

 

 

Bronne:

Cirlot, J.E. 1958. A Dictionary of Symbols. Londen: Routledge.

https://ia801306.us.archive.org/9/items/DictionaryOfSymbols/Dictionary%20of%20Symbols.pdf  Besoek 28 Maart 2023

Freud, Sigmund. 1901 / 1960. The Psychopathology of Everyday Life. Londen: Pelican. (Vertaling deur Alan Tyson).

Snyman, Henning. 1983. Mirakel en muse. Johannesburg: Perskor.

https://www.poetryinternational.com/en/poets-poems/poets/poet/102-24384_Faverey   Besoek 28 Maart 2023

 

Bekronings

  • 1969 – Amsterdamse poësie-prys vir Gedichten
  • 1977 – Jan Campert-prys vir Chrysanten, roeiers
  • 1990 – Constantijn Huygens-prys vir sy volledige oeuvre

 

 Tekste

  • 1968 – Gedichten
  • 1972 – Gedichten 2
  • 1977 – Chrysanten, roeiers
  • 1978 – Lichtval
  • 1980 – Gedichten
  • 1983 – Zijden Kettingen
  • 1985 – Hinderlijke goden
  • 1988 – Tegen het vergeten
  • 1990 – Het ontbrokene
  • 1993 – Verzamelde gedichten
  • 2000 – Springvossen

 

Ter agtergrond op wikipedia:

Hans Faverey
Gebore Hans Antonius Faverey

14 September 1933

Paramaribo, Kolonie Suriname

Sterf 8 Julie 1990 (op 56)

Amsterdam, Nederland

Nasionaliteit Nederlands
Beroep Digter, sielkundige
Noemenswaardige werke
  • Chrysanten, roeiers

Hans Antonius Faverey (14 September 1933, Paramaribo – 8 Julie 1990, Amsterdam) was ‘n Nederlandse digter van Surinaamse afkoms. Behalwe vir sy werk as digter was hy ook verbonde as dosent aan die Department Sielkunde van die Universiteit van Leiden.

Biografie

Faverey is gebore in Suriname, maar het in 1939 na Nederland verhuis waar hy gegradueer het aan die Universiteit van Amsterdam en ‘n sielkundige van beroep geword het. In 1959 het hy in die huwelik getree met die digteres Lela Zeckovic, en in 1965 begin werk as dosent aan die Universiteit van Leiden.

Loopbaan

Faverey se poësie word as uiters gekonsentreerd en moeilik van begrip beskou, alhoewel hy gewoonlik vir sulke opmerkings gelag het, en gesê het dat dit regtig nie so moeilik is nie. Sy eerste twee bundels het nie ‘n goeie ontvangs gehad nie, en slegs enkele kritici het die werke geprys; hy het egter nieteenstaande die prys vir poësie van die stad van Amsterdam ontvang vir sy debuut, Gedichten.

In 1977 publiseer Faverey Chrysanten, Roeiers, waarvoor hy met die Jan Campert-prys bekroon is. Van hierdie oomblik af is Faverey spoedig aanvaar en gekanoniseer. Die aantal kritiese studies oor sy werk het hierna toegeneem – tot op die punt waar dit wou voorkom asof Faverey gelyke status geniet het met Gerrit Kouwenaar en Lucebert. Na sy dood is hy begrawe in die Zorgvlied-begraafplaas.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge gesels met Jerzy Koch
Joan Hambidge. Hans Faverey II →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d