Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
13 April 2023

Ihette Jacobs. Tweefontein

 

Tweefontein

 

maar nou verkoop ons dit, word ons die eerste geslag

sedert 1828 wat nie kan sê: “ons plaas” of “plaas toe” nie

    • Antjie Krog, “koopkontrak” (Plunder, 2022)

 

ek was sestien

toe my ouma die plaas verkoop het

my voete vasgerank in die grond

soos die druiweprieel by die stoep

my ore toegespits op die voëls

wat teen die skemer raas

in die populierbos

 

ek sien nog my ouma uit die kombuis bars

die gaasdeur wat klák klik-klik-klik agter haar

sy versprei oor die werf

roep die honde

kook die seep

ja die hoenders aan

en trek in die verbygaan ʼn bossie uit die roostuin

 

en ek wonder of sy weet hoe die bloekombome ruik

wanneer jy in die koel laning afstap

en die blare die stilte om jou oopmaak

hoe die uitspoelgate in die rotse op die koppie

glad en warm onder jou tone voel

hoe die spikkels lig in die skuur deur die sandsteen val

en deel word van jou vel

hoe jy stories uitdink vir elkeen van die ou grafte

grafstene wat jy nou net in braille kan lees

hoe die akkedissies skarrel al langs die kraalmuur

wanneer die reuk van die heilige modder onder die varke se voete

aankom op die wind

 

maar dit sal ek nooit weet nie

sy is nou weg

en saam met haar

my laaste stukkie rooigras en stilte

 

© Ihette Jacobs, 2023

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Ihette Jacobs. broer →

4e gedagtes oor “Ihette Jacobs. Tweefontein”

  1. Derick Breytenbach says:
    14 April 2023 at 11:47

    Uitstekend Ihette!! Love it!!!!♥️ Sien uit na sommer nog baie gedigte….

    Reply
  2. Annelize says:
    13 April 2023 at 22:45

    Fantasties, Ihette!

    Reply
  3. DJ Cloete says:
    13 April 2023 at 22:00

    Ongelooflik, Ihette!

    Reply
  4. Alwyn Roux says:
    13 April 2023 at 20:22

    Werklikwaar ‘n aangrypende gedig.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d