
Die kompetisie waarin digters gedigte oor die mediese praktyk moes skryf, is besonder goed deur Versindaba-lesers ondersteun. Daar was ongeveer 130 inskrywings vir hierdie kompetisie, wat die beoordelaars lank laat kopkrap het. Na verskeie rondtes van beoordeling is die volgende digters as die wenners van die kompetisie aangewys:
Eerste prys: Neil Cochrane wen met sy gedig “Graweelsteen”
https://versindaba.co.za/2023/03/24/neil-cochrane-graweelsteen/
Tweede prys: Meyer van Rensburg wen die tweede prys met sy gedig “Skisofrenie”
https://versindaba.co.za/2023/01/10/meyer-van-rensburg-skisofrenie/
Derde prys: Elmarie Viljoen Massyn wen die derde prys met haar gedig “Vier benaderings tot die pomelotoestand”
https://versindaba.co.za/2023/04/14/elmarie-viljoen-massyn-vier-benaderings-tot-die-pomelotoestand/
ʼn Hartlike dank aan elke digter wat deelgeneem het, asook aan ons anonieme borge!
Die volgende kompetisie is reeds op die spyskaart en ons wag in spanning op inskrywings vir dié kompetisie. Alle ander gedigte is egter steeds baie welkom.
– Marlies Taljard (Inhoudsbestuurder, Versindaba)

Baie geluk. Mediese poësie is beslis ryker!
Baie geluk aan al die wenners!
Dankie ook aan al die ander digters en skrywers vir uitmuntende werk.
Wonderlike inisiatief — doe zo voort!
Baie geluk aan die wenners!
Dankie aan Versindaba vir die geleentheid om deel te neem.
Veels geluk aan die wenners. Welverdiend.
Dankie aan Versindaba vir die inisiatief.
Alle winnaars van harte gefeliciteerd!