Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
29 May 2023

Nuwe Bundel. Piaf & Brel: Luisterryk!

Piaf & Brel: Luisterryk!

Naòmi Morgan en Bernard Odendaal

Omslag

Die sangers Édith Piaf en Jacques Brel het sedert ongeveer die middel van die vorige eeu bekend en gewild geword vir die treffende melodieë van hul chansons en die besondere timbre van hul stemme. Ook in Suid-Afrika word al dekades lank geluister na oorspronklike opnames van hul liedere. Die passievolle sang het sinnebeeldig geword van die allure van die Franse kultuur en veral van Parys. ’n Hele aantal Afrikaanse sangers het dan ook reeds van Piaf en Brel se chansons in hul uitvoerings en opnames ingesluit, of selfs programme in die geheel aan keuses uit dié Franse liedere gewy.

Die Franse lirieke was egter steeds vir die meeste Afrikaanssprekendes ontoeganklik. Te danke aan die toegewyde samewerking van Naòmi Morgan, hoogleraar in Frans aan die UV, en Bernard Odendaal, hoof van die Skryfskool van NWU, is dié liedtekste nou ook in Afrikaans vertaal en beskikbaar. Die vertalings is op die verhoog getoets deur die kabaretkunstenaars Herman van den Berg en Jolette Odendaal, en omdat die metrum van die oorspronklike Frans behou is, kan die Afrikaanse tekste vir sanguitvoerings benut word. Maar bowenal is die bundel ’n leesteks waarmee Afrikaanse lesers hulle kan inleef in die sfeer van Parys, die platteland van Vlaandere – en bowenal die liefde.

Dié omvangryke bundel met sy Afrikaans en Franse tekste naas mekaar is gerig op liefhebbers van Franse chansons, veral dié van Piaf en Brel. Die gehalte van die Afrikaanse vertalings van die liedtekste spreek ook tot poësieliefhebbers en tot lesers wat daarin belangstel om iets te ervaar van die Franse kultuur, en veral die unieke, gesofistikeerde nagklubwêreld van Parys sedert die 1950’s tot vandag.

Oor die vertalers

Prof. Naòmi Morgan, hoof van die Afdeling Frans aan die Universiteit van die Vrystaat, is benewens dosent ook vertaler. Sy het onder meer die toneelstukke Oskar en die pienk tannie en Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran deur Eric-Emmanuel Schmitt uit Frans vertaal, en meer onlangs (2021) Francois Smit se Kamphoer uit Afrikaans in Frans vertaal. Prof. Bernard Odendaal was hoogleraar in Afrikaans aan die Universteit van die Vrystaat en vanaf 2012 direkteur van die ATKV-Skryfskool aan die PU vir CHO (later NWU) tot met sy aftrede in 2020 (?). Twee digbundels, Onbedoelde land (2007) en Nootvas. Kwashaal. Stapel (2021) het uit sy pen verskyn.

[Imprimatur 2023. PRYS: R350.00 (BTW ingesluit). FORMAAT: 222 x 152 mm. SAGTEBAND. AANTAL BLADSYE: 265. ISBN: 978-0-620-4611-1]

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Nuwe Bundel. Leon Strydom: mensig
Nuwe Bundel. Bibi Slippers: Soekenjin →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d