Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
30 May 2023

Mellet Moll. Ek sal sterf en na die sterre gaan

 

Ek sal sterf en na die sterre gaan*

 

ek sal sterf en na my vader gaan

Waterkloof toe met sandale

vleuelvoet soos ’n pelgrim

waar die strate pers dwaalsterre is

waar Orion se krygers waak oor die nag

en dwerge vuurvlieë soek in die tuin,

ek sal sterf en met nét ’n rugsak

in Rigellaan stap

die steiltes van Waterkloof oor

tussen die heinings en die lamppale deur

en na my vader gaan:

 

die maan sal oor Pleiades waak

die bome se weemoed die huise laat sug

en ons sal die ouvaderklok herken

wat die pas van ons lewens markeer

ons sal whisky drink op die boonste balkon

– die ouman drink Bells –

en oor die vlug van komete praat

 

vriende, medewiggelaars,

moenie opkyk nie; nou hang ons asems

nog soos rook oor ons koppe

maar die dood het skaam geword;

ons vrees en ons hoop

is soos planete wat sterf so

 

soos die stem van ’n ouman

soos ons vrees en ons hoop:

ons asems sal die ewigheid ken

kom saam

in my uitvaart na die huis van my vader

Waterkloof toe waar die ouvolk

die strate na die sterre vernoem

laat ons weggaan en sterf en stil wees:

my vader het ’n groot klinkerhuis

 

* ’n Pastiche op ’n vers van Breyten Breytenbach

 

© Mellet Moll, 2023

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Mellet Moll. Grondstasie
Mellet Moll. in ‘n slapende land →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel
  • bevan boggenpoel. winter

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d