Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
10 June 2023

Mellet Moll. in ‘n slapende land

 

in ’n slapende land*

 

hoe vaak is ons nou tussen ligte wat doof

die reuk van bleikmiddel en van formalien

die lakens is wit want jou oë is toe

die verlatenheid van die nag

en die maan wroeg buite êrens

buite jou

jou asem vergaan soos dae op ’n trein

’n tas, ’n bybel, ’n glas water, dié gedig,

ek wou my hande op jou lê

ek wou jou balsem met die helende krag

van ons jong dae

geen swaan sing so mooi

soos die stil geluid van jou sterfgang nie

en jou eensame hande

ek wou daardie eensaamheid met jou deel

sodat jou oë oop mag gaan

soos ’n ster wat flits

oor ’n slapende wêreld

vol uile en die sluier van wolke

en waar die sterwendes nog op ’n stasie wag

en die maan ’n nagwaak wat bid teen die slaap

en dan wou ek hê dat jy saam met my treur

en jou verlore kyk

my trane van was oor jou wange

jou wese so ’n brose kers

’n lantern dof in jou oë

hoe stil is ons angs

waar net verlate pelgrims nog roer

alleen sonder jou moet ek myself verloor

sonder jou alleen het ek wakker geword

in ’n slapende land

 

* ’n Pastiche op ’n vers van Breyten Breytenbach

 

© Mellet Moll, 2023

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Mellet Moll. Ek sal sterf en na die sterre gaan
Mellet Moll. Nuwe vers →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel
  • bevan boggenpoel. winter

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d