Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
23 August 202322 August 2023

Nini Bennett. Totem

 

Totem

 

Teen die kranse, hoog op teen die Himalajas gewaar ek haar

waar sy haar welpies pleeg – deliberaat sigbaar aan my

tydens nagwake. Wispelturige noodlotskarakter;

vir sterflinge ’n gerug, ’n legende, ’n gesiglose skikgodin. Sy skadu

nader: hoe dikwels het ek nie oor haar gepeins

nie – die sneeuluiperd met oë wat verander van groen, grys,

die kleur van droef. My morbiede fassinasie, my donker

en bedwelmende infiltrasie van fragmenterende drome as

sy teen steil kranse sweef – haar arrogante afstand ten spyt is sy

deel van my, onafwendbaar ’n deelgenoot aan die lewe,

die medepligtigheid aan ’n skaduwee.

Verdwyn sy, plavei haar spore die ys met syagtige blomme.

Die pieke is geil, ’n avalanche – die bergspitse skud hul enorme las,

die vortex sneeu vind sy werwelwind na onder die kruine kreun

en reuse geomorfes kreukel en splyt, bruis in amberwolke grond

toe, ’n geborrel en -stuif van ys: geweldig is die inploffing, wit is

die kleur van verlorenheid dis nie ’n kleur nie dis ’n delusie in wit.

Beswyming. Die natuur ly aan kristalverdowing.

Die kranse vermurwe en die lig skyn hoog en skugter.

Nou konsentreer die son in ’n brandpunt

verblindend ’n vergrootglas wat die skril strale pylwaarts stuur – hoe klein is

alles nie deur God se loergat nie, die Bonsai-woude, die bloeisels

wat uit hul skyndood ontwaak, die mikrografiese lewe waarmee hy speel.

Ek maak my oë oop en seëvierend staan sy daar, 4500 meter bo seespieël.

Godin van die eensaamheid, meester van hoogtes en dieptes wat ligloop oor die kranse,

geluidlose sneeuvoet. Sy kyk dringend na my ons draai ons koppe in dieselfde

rigting ek voel my hart versnel want as sneeustof in die bergmeer skif,

skyn ’n sterrehemel in die donker water. Minder.

Minder as fraktale is ons.

 

© Nini Bennett, 2023

 

 

 

 

Remember that the AVBOB Poetry Competition reopened on 1 August 2023. Visit our website regularly at https://www.avbobpoetry.co.za/ for editing tips and advice as well as updates about upcoming workshops.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Nini Bennett. ’n Variasie op ‘n tema van Tarkovsky
Nini Bennett. Vermis →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d