Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 October 2023

Bester Meyer. The ins and outs of life

 

The Ins and Outs of Life

(Vir Kobus De Kock Jnr. 30-04-1980 – 12/10/2023)

 

Dearly Beloved, luister dit oor en oor,

want óns wil niks meer van boosheid weet nie,

 

die boosheid wat uit mense borrel

soos die geskrifte vertel

dat daar in die eindtyd

nie meer liefde sal wees nie,

 

nie meer gesange vir die kinders nie:

een, twee, drie, vier, vyf, ses kinderlyke

voor my oë by die hospitaal ingestoot

sodat die onderdrukker

die onderdrukte

kan laat verstaan

die taal van stof tot stof, van as tot as,

is deur die mond van ʼn klein gangetjie

die Egipte woestyn in,

vir altyd by hulle tuisland uit,

 

om vandaar weer uitgewekenes te word,

hulle, wat vir ʼn rukkie kon sê

ons het ook ʼn huis gehad –

terug op die swerwersroete

na nêrens

 

Dearly Beloved, jou stem ʼn oase

vir die wat moes agterbly

en die wat nog moet gaan

want jy wil niks meer

van hierdie boosheid ervaar nie,

 

en tussen die snare van kitare,

tussen die stiltes wat na woorde soek

spoeg die lewe ons stuk-stuk uit

as akkoorde van mekaar se asems

 

en waar een of meer asem oorgaan

van long na bloed na hart

dáár skryf jou lied

vir ons vertroosting,

 

terwyl die westewind

jou spirit(s) laat tol oor ʼn dorre aarde

voor dit vir oulaas opspring,

die ystervarkpen wat die hemel

met gravitas deurboor

en jy wat nootvas bulder:

laat die kindertjies na my toe kom

 

© Bester Meyer, 2023

 

 

 

 

Remember that the AVBOB Poetry Competition reopened on 1 August 2023. Visit our website regularly at https://www.avbobpoetry.co.za/ for editing tips and advice as well as updates about upcoming workshops.

(Lesers word uitgenooi om na afloop van die lees, die lied te luister: https://www.youtube.com/watch?v=Cih-OZVEACw )

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Bester Meyer. Wat bly oor?
Bester Meyer. Metamorfies →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d