in die sand
stadig trek ek my wysvinger
deur die uitgedroogte seesand
sien hoe die hardgebakte
kors eers kraak en dan breek
dit is suider afrika se san andreas
die visrivier canyon
fluister ek vir die blinde
kormorant wat neffens my
op die strand sit
dit is die kaplyn
net noord van eenhana
sê ek sonder om my mond
te beweeg vir die grafte
op die grens
dit is die witgekalkte kantlyn
wat ek so graag patrolleer
die doringdraad heining
wat ons almal uitmekaar hou
dis die rubicon met julius
se plakkie-voet daarin
dit is my lyn in die sand
© Johan Swanepoel, 2023
Remember that the AVBOB Poetry Competition reopened on 1 August 2023. Visit our website regularly at https://www.avbobpoetry.co.za/ for editing tips and advice as well as updates about upcoming workshops.