My niggie bly in my iPad
my kamermaat in Chennai
my skoolvriendin in Alaska
en my sus in Walvisbaai.
Saans kuier ons deur herinneringe,
soos geënte lote op ‘n tak.
Duimpie alledaagse momente;
terwyl ons woordbrûe bou
maar breek stukkies tyd en afstand af.
Met elke foto reis ek saam op vakansie,
vlieg soos ‘n windswael sonder tas
maar as ek my hand uitsteek om te groet
los ek net ‘n vingerafdruk teen die glas.
© Albi Prinsloo, 2023
Remember that the AVBOB Poetry Competition reopened on 1 August 2023. Visit our website regularly at https://www.avbobpoetry.co.za/ for editing tips and advice as well as updates about upcoming workshops.