Somerlandskap
In die wintertye van die berg se piek,
Verdwaal hy in ‘n donker see van verdriet,
Die lug is swaar en die sneeu sag,
En die donker skaduwee het sy piek verward.
Maar deur die storm van sy winter,
Soek hy na lig in elke klein oomblik,
In koue wind, ‘n glimlag splinter,
Ontwaak hy van sy somber, koue skrik.
Die somer van sy siel breek deur die lug,
‘n liefde, vreugde, innerlike vrede,
Die blomme bloei, die wolke word weer lig,
Winter het gewyk vir ‘n nuwe lewe.
So vind hy in sy siel se weer,
Van winter na somer, die plek na minder seer.
© Dean Els, 2023
(Hoërskool Eldoraigne)
Remember that the AVBOB Poetry Competition reopened on 1 August 2023. Visit our website regularly at https://www.avbobpoetry.co.za/ for editing tips and advice as well as updates about upcoming workshops.
Dis stunning Dean!! Ons as ouers ia baie trots op jou!!!
Dit was ‘n lief like gedig, dit vang Rerig die romans vas
Hierdie is ‘n pragtige gedig!!
Dis wonderlik om my gedig hier op te sien! <3