
Hans Pienaar begin skryf gedigte op universiteit in die laat 1970s. Nadat die tydskrif Vlieg, waarvan hy die redakteur was, verbied word, hou hy egter op met dig en begin eers weer in 1996 skryf. Van sy gedigte verskyn in die Tydskrif vir Letterkunde en word ook opgeneem in Nuwe stemme 2. In 2002 verskyn sy debuutbundel, Die taal van voëls en word genomineer vir die Ingrid Jonker-prys. Hierop volg nog twee bundels: Notas uit die empire en Uithoeke / Outcorners, ‘n bundel fotogedigte wat die tydperk 1980 tot 2006 dek. Van sy gedigte word ook opgeneem in Groot verseboek.
Hy is ook bekend as dramaturg, en het pryse en nominasies gewen vir Drie dosyn rose en Ching Chong Che. Ander stukke uit sy pen is Please tell us what’s going, please, Kom terug Saartjie en die onopgevoerde Die wortel van alle kwaad en Kruger se DNS. ’n Bundel kortverhale, Die lewe ondergronds het ook uit sy pen verskyn en hy was mederedakteur van die bundel dienspligverhale Forces Favourites.
Hans Pienaar het vir tien jaar lank as spesialis in buitelandse sake by Independent Newspapers gewerk en is tans verbonde aan Business Day, waar hy skrywer van die blog “Africa” is. In 1992 was hy die ontvanger van die Rapportprys vir Nie-Fiksie vir Die derde oorlog teen Mapoch, oor die staat se geheime veldtogte teen die Ndebele-stam. Hy was ook die redakteur van die verbode bundel artikels Die Trojaanse perd, wat handel oor die noodtoestand in die 1980s in die Kaap.
![]()
[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com
Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:
-
-
- ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
- ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
- ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
- Enige ander interessante feite oor jou
-
Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.
Indien jy bereid is om ‘n profiel te skryf oor ‘n gestorwe digter, laat weet my asseblief by taljard.marlies@gmail.com]
