Wilde Papawer
eendag het jy ʼn hand vol wondersaad geoes
dit onseremonineel kom strooi
in my winterbedding
nooit tóé kon besef
hoe simptomaties hierdie milde gawe
later sou blyk te wees
nou pryk hier voor die kamervenster
ʼn monochroom van
ʼn ondergaande Afrika-son
dans poppies op tenger steeltjies
riant in die winterson
ʼn saadoes wat vir ewig
sal papawer in my hart
©Driekie Grobler, 2023

Baie dankie, Elmarie en Annie, waardeer opreg jul lees en kommentaar.
Pragtige skrywe Driekie, ek sién die prentjie voor my geestesoog!
Ongelooflik !!! “sal papawer in my hart”.