Liefde dwaal in minder blomme
Liefde dwaal in minder langtermyn,
in blommemat en eindelik die rou
vra net meervoudig bloei soos roosmaryn
deur die soutsee snags bedou
Knop is die roos se eerste naam,
monster murg in die geheim;
teen die tuimel van die krag
sal die laaste spriet bly staan,
streef daarna om afstand te vernou
tot plek vir die pypkan van die pyn
en iewers konkel met sy gesoute stam
se bloed vir langer duur van tierlantyn
© Pirow Bekker, 2023
