Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 December 202314 December 2023

Pirow Bekker. Sneeu in die Goudstad

 

Sneeu in die Goudstad

 

Oggend nouliks onderskeibaar

totdat die sneeu bedaar, vervat

met ‘n eggo dieper in die oor:

Het ‘n klok iewers geslaan –

een slag helder ongestrem

deur roes en rook

‘n vraag onketen:

Hoe het die sneeu of kapok

soos ‘n dief in die nag gekom

om hier ‘n slag te slaan,

enkel en onopgevolg?

 

Uit my verlede beier geluide

‘n plaaswerf oop:

Vroeëbloem met sy vroeghaan,

kop besneeu, kam gekroes,

wat kraai, wat kraai

asof hy weet sy stem sal dra

deur sneeu en kapok

tot hier in die stad van goud

 

waar ek nou, aangewese op skimme

van ‘n poort waardeur min

reisigers sal gaan,

wonder oor ‘n klok

wat die laaste ronde binnelui,

maar in ‘n toring ingebind

‘n enkele slag veroorloof word

 

Of het die sneeu hier ‘n rol gevind

waar vlokkies sneeu, soos sysies

ingeryg ‘n hele draad beset,

tot die gewig die draad laat swig,

dit losskiet en ‘n klok bevry

die omslag waarvan wakker maak

in ‘n onvoorsiene suiwer land

 

Die doelwit kan die middele heilig,

die spanning voor die sneeuval herstel

en my ‘n wyle teen die kussings

moeg laat rus.

 

© Pirow Bekker, 10 Julie 2023

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Pirow Bekker. Liefde dwaal in minder blomme
Pirow Bekker. Haydn skryf aan sy vervreemde vrou →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid
  • Nuwe Publikasie. Ilse van Staden: Metamorfose
  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d