Haydn skryf aan sy vervreemde vrou
My liefste Maria Anna
jou maandelikse brief is ontvang
en is soos altyd gebeur
onoopgemaak by die ander gelaat.
Soos altyd hoef jou liewe hande
ook nie vermoei te word nie
deur hierdie antwoord oop te skeur –
daar staan buiendien nie wat daar staat.
© Pirow Bekker, 2023