Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
22 January 2024

Joan Hambidge. Timor mortis conturbat me

 

Timor mortis conturbat me

 

Vir 49 dae bly jy in die bardo

tussen lewe en dood,

na die oorgang tot Dharmatā.

 

‘n Lykskleed het nie sakke nie.

 

My vader in ‘n pak klere met ‘n das

in SAFFAS se besoekkamer;

dan die krematorium om te veras.

 

‘n Lykskleed het nie sakke nie.

 

My moeder in die staatshospitaal

se stem yl, bykans onhoorbaar,

toe ek haar telefonies groet: vir oulaas.

 

‘n Lykskleed het nie sakke nie.

 

My vriend in die ICU op ‘n ventilator

se hart en longe gee onrustig in;

kort ná die twaalfuurkanon glo.

 

‘n Lykskleed het nie sakke nie.

 

In Varanasi word die lyke voor

sonsopkoms ritualisties verbrand,

wyl die waters spreekwoordelik vloei.

 

‘n Lykskleed het nie sakke nie.

 

‘n Vriendin verdrink in haar wegvlug

voor die dood se mespunt

iewers iewers iewers lankal terug.

 

‘n Lykskleed het nie sakke nie.

 

My swaer, op die keper beskou,

versorg deur ‘n helper opgelei,

vergeet die antoniem vir lewe.

 

‘n Lykskleed het nie sakke nie.

 

Tussen droom en meditasie

van hier tot daar, die bardo’s

uitgespel in die Bardo Thodol.

 

‘n Lykskleed het nie sakke nie.

 

Herinneringe en gedeelde vlugte

ingepas in elke memento mori:

jy was ‘n mens, eenmalig, ‘n lyf.

 

©Joan Hambidge, 2023

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Begrebet Angest
Joan Hambidge. Myne of dyne? →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • René Bohnen. Weerklink
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d