uit die puin
‘n klawer morsekode
snaar s.o.s
hoor
note presies opgehang
uitgedeel aan die slaginstrumente
gegee vir die strykers
vir die stryders
bottelmusiek
regoor ‘n pikswart see
hoorbaar deur dun mure
hoorbaar deur die ondenkbare
‘n simfonie
fluister sag deur tralies
gaan waar stemme faal
troos teer teen tempo
bas en tenoor basuin
waardeur ook al
hoe ook al
nooit is jy alleen
aan soveel musikante
dankie vir die reën
© Johan Swanepoel, 2024