Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
7 February 2024

Jaco Fouché. Die vuur (M)

 

Die vuur

 

waar mense sagter praat of skeller, en soms steun

waar die teekan om elfuur amper leeg teen ‘n stoelpoot leun

waar die teëlpatroon onder die skoensole aanstryk

en kraakpatrone teen die muur uit reik

waar die skaduwees om uit die son te kom versit-versit-versit

waar die water reëntyd in die hoeke dan drup-en-drup-en-drup

 

daar gewaar ek jou toe jy stil in skuifel

jou hare kort en skoon, jou jas wit

jy wat bene teen mekaar teen die muur gaan sit

op elke kniekop ‘n hand soos ‘n krap wat weifel

waar jy rondkyk, waaksaam, op geselskap bedag

daar sit jy, die voorreg hoor my, student, geneser en my wag

 

waar jy aandag trek met die lig

van ‘n vinger soos ‘n voël wat via eiertand

uit die dop van jou vroeg-professionele skuheid breek

waar daar ‘n vraelys in die klembord onder jou pols wag,

jou balpuntpen omhoog soos iemand wat ‘n oudiënsie versoek

spreek ek as groet my hoop en dankbaarheid uit

en sê jy, seker goedhartig, wel met ‘n laggie lomp:

“Miskien doen ons jou glad nie so goed as wat jy dink nie.”

 

waar die seker vrae my geskiedenis en my heil betrek

is dit my diepste biografie wat jy kragtig met jou letters wek,

runes vir die ingelyfdes

daar sit jy bewus van jou voornemens

daar is jy die een wat die eed geneem het:

doen eerstens nie skade nie

doen aan jou naaste soos aan jouself

doen aan jou armste pasiënte soos aan goed betalende kliënte

doen aan dié in jou sorg wat jy kan

doen kortom dit wat allerweë goed is

 

en daar maak jy jou runewerk klaar

en sluit jou indruk af. Of dan nie,

want jy vou die papier toe, glimlag vir my:

“En? Vertel my nou. Van die rekord af.

Ek wonder. Hoe was dit? Hoe is dit?

Jy kan praat, ek het nog ‘n kwartier.

Hoe is al daardie wane en drogbeelde?

Meen jy jou lewe het verander?

Vertel my, dis nou net ons hier.”

 

en daar haak ek af en sê ewe liries:

“O my liewe dokter, jy kan weet:

Dis ‘n prettige gespeel.

Demone kom in duifgrys,

engele dra geel.

Die hemel word nog goedgepraat,

maar die aarde brand verlate.

En nou? Wat dink jy?

Jy dink my besielinge en my nood staan vas?

Ek sê jou dit stroom en tuimel

oneindig deur ‘n uurglas.”

 

jy vertrek, bedeesd maar wagtend

ek loop om die laaste tee

uit die kan te skink,

voor ek by die venster

na die omheinde gronde tuur

ek in wie se groot verwarde kop

die ritme van my era klop

ek draer van die vuur.

 

© Jaco Fouché, 2024

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Jaco Fouché. Die skemer (M)
Jaco Fouché. Piet Ras het vertrek (M) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d