geboorte
die skor klanke wat deur jou lippe asem
slaan wasemsambok op kontraskie tyd
so sal jy lê, kouend soos gom muteer
as geheel ingeseël in jou draende lyf
alleen agter die groen kleed
jy sal hygend na die pyn luister
bevange sal jy gryp in barensnood
na die stom klank van dit
wat jou heilige bubble
stukkend kom hap
© Anne-Marie Bartie, 2024