digtervrou
ons tas na haar fyn takkies
in jannie se leeskamer
haar verse geranskik
in aardse ikebana
ander stingel heuningsoet
in vaas uit die Waterberge
– yellow paintflower
kransaalwyn, blousuur kanol
en wit beesbossie –
en sy is vandag
die kosbare
wilde aspersieblom
waaraan bruin bye hang
© Anne-Marie Bartie, 2024
