Allesmaker se naaldwerk
geen mens
op die plat én rond
op die see én grond
loop gestroop van seer
en onsterflikheid nie
elkeen lewend
uit atome gestik
aanmekaar gestryk
deur die Allesmaker geskep
voel, bloei en verval
elke sel
geneties bedraad
word gegiet met ‘n siel
word geweef tot wederdiens
om heelmakers te wees
in ons
rus die keuse
dis maak óf breek
dis bou óf besoedel
dis sterf óf oorleef
stories was medisyne
vóór pil, pleister én inenting
verhale vertel van die oorsprong
rakende die natuur se slimste dier
toevallig gedoop die mensdom
© Jak J. Brits, 2024