in die laboratorium …
stukkies en bietjies menslike
uitkrapsels en –snysels
bloed – vlees – urine – stoele – slyme
intiem-inwendige sappe en syp’lings
speurende oog wat vlymskerp
soek
deur ‘n lens wat siektes
volgens mol/l – ml/min – g/l – U/l
inboek
© Elmarie Nienaber Van Kampen, 2024