Getsémané
Matthéüs 26 vers 36 tot 64
intense lyde
in die pragtuin Getsémané
op die Olyfberg
waar Jesus
ten hemele gepleit het
by sy Vader
om genade en redding van sy
Godsbestemde doods-lot
terwyl sy dissipels sluimer en slaap
waar Hy hul bloedbesweet
met ‘n lig-bewende hand op die skouer
uit hul slaap moes wek
en die blik in sy oë
was in alle waarskynlikheid
groter en wyer as die lewe self
© Elmarie Nienaber Van Kampen, 2024