Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
10 May 2024

Pirow Bekker. Na Stofpoort toe

 

Na Stofpoort toe

 

Onder ‘n Mozart-adagio in my kop

trap ek oumanier ‘n dikwielfiets

met die nou verlate gruispad

om die oosterpunt van Boesmansberg.

Eensaamhoek kom en gaan.

Meerkaaie tuimel van ‘n keerwal af

waar hulle in die pad

hul spookgeveg hervat.

Ander verskyn uit die gras,

sluit aan by die geleide vir my –

hulle nou ook oud en mak,

almal behalwe ‘n jong kalant

wat hom laat vang

en in ‘n papiersak sit:

medereisiger na Stofpoort,

maar dié keer nie verby nie…

 

Hy woel sy stokstert los,

sny met dié die kardoes heel oop

en sit die lawwe lewe buite voort –

onbevange skaduwee

op die pad Stofpoort toe.

 

‘n Enkele bloekom op die vlak

is waar tarentale sketterend

slaapplek soek.

Maar nog nie nou al nie –

dit is nog te vroeg daarvoor,

die wêreld te vol lewe

op die pad Stofpoort toe.

 

Eers is daar Uintjieslaagte

– so deur my genoem –

waar ek self ‘n plant kan word:

veredelte uin, vinkel of baroe.

 

En dan kom Stofpoort binne sig.

Die motto onvermydelik: Stof is jy

en tot stof sal jy terugkeer.

Plek-plek voorheen hardgebak,

nou sag, aflegbaar,

weg te wentel, weg te waai

sodat net die wortels daar sal hang

stekelrige klapperhaar,

ongeskik vir ‘n matras

tastend na toeskietlikheid

met die vog van Lakenvleie

hier weerhou.

 

© Pirow Bekker, 2024

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Pirow Bekker. Muishond
Pirow Bekker. Kruim →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal
  • Nuwe Bundel. Carina van der Walt: Frankofiel
  • Nuwe Bundel. Daniel Hugo: Vers & Kapittel III
  • Nuwe Bundel. Jeanne Henning Els: Vlerke is vir vlieg

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d