Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 May 202430 June 2024

Hercules Boshoff. Ons verweefde geskiedenis

Ons verweefde geskiedenis

Die Ou Magiër het tot die wysheid gekom dat die werklikheid, soos dit bestaan, self die wonder der wondere is; en dat die mens in sy diepste wese die onvoltooide en onvoltooibare is. – N.P. Van Wyk Louw, Asterion.

Vir elke plaas wat uitgekarteer is as eiendom, kragtens die wet,
was daar ‘n weiveld en waterbronne minder vir trekkende gemeenskappe om van te leef, sodat hierdie mense genoodsaak is om aan die buitewyke van dorpe en stede te vestig
om as dagloners, sonder pensioen, te werskaf in vier slaapkamer huise.
Hulle veg vir ‘n voortbestaan, en sorg vir hulle ouers wat dieselfde lot moes verduur,
is deur oëverblindery as  ‘Aparte ontwikkeling’ en later ‘Apartheid’ ingekleur, terwyl
ons bestaan hier altyd verweef was.
‘Pluraal’ ter wille van retoriek en die wetboeke, terwyl
‘n hiërargiese natuurorde in die agtergrond versluier lê.
Gerieflik is dit om ‘n mens te beroep op identiteit, op elkeen se naam en ‘behoort tot’,
onbedag daarop dat die eerste naam, Adam, klei beteken
(en later sinoniem met sonde geword het);
gerieflik is dit ook om te praat van óns taal, in plaas van ons Taal,
wat die moontlikheid tot selfuitdrukking skenk,
maar weier om besit te word;
waarin ‘n mens aanspraak maak op die reg op vrye uitdrukking
terwyl luister nie verpligtend is nie.
Die vaslê van die virtuele beeld is wat saak maak in ons tyd.
Asterion, flitsende lig, skerm waarop ons perfeksie getoon word, gebied:
“Noem dit nie! Dié nie: Dood, Verandering!… altyd Skoonheid!”
Die vasgestelde sigbare ideaal moet dit wat ontplooi verdring:
“dit is alleen die volmaakte wat hy (Asterion) kan verdra. Natuurlike beweging en natuurlike vorms haat hy: die veranderende en drywende wolk moet tot stilstand kom.”
Ritmies, algoritmies, word die Dionisiese dans rondom die ons en die eie beeld gedans:
“Party is stil. Die meeste dans, dans voort in sy vervoering”, totdat die refrein klink:
“jy” probleem; ek “oplos”.
Erkenning is die hoogste strewe,
maar erkenning kom van buite: ék: probleem; jy óplos.
Om te ken en erken is om kind te wees, om te word, verbind aan genesis.
‘n Verkennende kind is ons taal: kind van ‘n vader waarin die groot Europese siele:
Engels, Frans en Duits, opgeneem is,
en ‘n moeder, die modder wie se naam sy dra: Afrika.
Ons is ons bestaan aan dié klei verskuldig, ons behoort daartoe–
besitneming ten spyt, en sal weer daarheen terugkeer.
Dié klei, waaruit ons ons vaste beelde beitel, roep ons terug na ons aard:
grens van ons mens-wees
veilig skuil ek agter jou, Grens,
beskut teen die gloed
van Magte wat óm ons lê.

© Hercules Boshoff,  2024

 

 

 

Remember, the annual AVBOB Poetry Competition opens for submissions on 1 August 2024, with fabulous cash prizes available to the winners. Visit www.avbobpoetry.co.za to familiarise yourself with the competition rules and start preparing your best words.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Hercules Boshoff. Op nommer 99 →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d