Predikant
(n.a.v. “Onderwyser” deur Antjie Krog)
Jy staan voor ons in die kerk
op jou kansel, by jou God se woord
by jou Bybel, jou toga en jou kruis
Jy staan voor ons soos ‘n Joshua
en al het jou skanse om jou geval
spreek jy woorde van liefde en trou
en al het jy twyfelaars in jou gemeente
staan daar ‘n Kaleb langsaan jou
Tog bly jy weerloos,
al stap ons elke dag verby jou
met mantels van empatie om ons skouers
met dwarsfluite van diepsinnigheid voor ons monde
Tog bly jy preek
al herbou jy jou skanse op die Sabbatdag
al val jy vooroor op jou knieë
jy sal nie opgee nie
want jy weet wie is jou Here
die almagtige Vader jou God.
© Andrea Sieberhagen, 2024