vel
soos die allerfynste veer-
rimpelings van randwater
agterlaat op sand en wind –
so het my vel oornag verander
tussen huidjie en muidjie
het die koue oorlog begin
niks wat die vel meer voed
niks om mee nat te lei nie
alle groei is dorrebos en verlep
die jare eis nou sy pond vleis
vreet aan die afloop van ʼn hart
laat los verleë die krummels been
© Marlise Joubert, 2024
