Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 June 202413 June 2024

Yves T’Sjoen. Cahier van een lezer [21] – Vraaggesprekken met literaire agenten (4)

 

 

Cahier van een lezer [21]

“Ik ben een lezer met de buien van geestdrift en verontwaardiging van een lezer; ik ben geen voorlichter, en ik zou het niet willen zijn.” – du Perron

Versindaba publiceert onregelmatig het ‘Cahier van een lezer’. Op de letterkundige brug tussen Zuid-Afrika en de Lage Landen deel ik parafernalia in de geest van de gelijknamige kleinschalige boekprojecten van de Nederlandse schrijver E. du Perron. Het Cahier, waarvan later een boekpublicatie verschijnt bij Naledi, is een neerslag van leeservaringen op het gebied van Nederlandse en Zuid-Afrikaanse letteren.

 

#24 Vraaggesprekken met literaire agenten

DEEL 4 – Schrijven in de diaspora. In gesprek met Ilse van Staden

In een vraaggesprek wordt actoren in de Afrikaanse literatuur gevraagd hoe zij hun rol beschouwen als literair agent, hoe en aan welke specifieke fluctuaties (literair, cultureel, maatschappelijk, economisch) het veld van de Afrikaanse letteren onderhevig is, welke uitdagingen zij persoonlijk ervaren als bepalend voor de actuele Afrikaanse letteren.

Gesprekspartners, tegelijk ook hoofdrolspelers in het Afrikaanse literaire gesprek, bekleden uiteenlopende rollen: schrijver, vertaler, uitgever, criticus, keurder, academicus. Eerst wordt gevraagd naar de institutionele functies en vervolgens gepeild naar ontwikkelingen in het hedendaagse Afrikaanse literatuurlandschap, welke wegen de betrokkenen zelf bewandelen in die trajecten van de literatuur en hoe het gesprek vandaag verloopt en/of welke de uitdagingen zijn voor de Afrikaanse letteren. Ieder gespreksgenoot spreekt natuurlijk in eigen naam, vanuit een particuliere positie en gericht op een persoonlijke esthetica, de institutionele rol van literair agent, van betrokken instantie in het vertoog over literatuur in een Zuid-Afrikaanse context.

Voor een toelichting bij het opzet van de interviews en een tweedelige inleidende tekst verwijs ik naar https://versindaba.co.za/2024/05/23/yves-tsjoen-cahier-van-een-lezer-18/. In de pilootaflevering van de gesprekkenreeks zijn reacties opgetekend van Joan Hambidge, Johan Coetzee, Charl-Pierre Naudé, Marlies Taljard en Mercy Kannemeyer. In de volgende delen spreken drie Zuid-Afrikaanse schrijvers vanuit de diaspora: Ilse van Staden, Eben Venter en Marita van der Vyver. Eerst reageert Ilse van Staden vanuit Australië op de vragen.

 

  1. Kun je het agentschap (“agency”) als literair betrokkene in het hedendaagse Afrikaanse literatuurlandschap becommentariëren? In het complexe systeem van literaire actoren, instanties en strategieën bekleed je naast velen hoe dan ook een eigen positie. Hoe zou je die rol zelf omschrijven?

 

ILSE VAN STADEN:

As skrywer maar nie-letterkundige het ek myself nog altyd beskou as buitestander in die Afrikaanse literatuurlandskap. Behalwe die noodwendige omgang met keurders en uitgewers in die publikasieproses, het ek nog nooit veel kontak met, kennis van of mentorskap deur die agente van die letterkundige wêreld gehad nie. Dit geld meestal nog steeds. Selfs tydens my BA in Kreatiewe Skryfkuns (wat ek behaal het ná my digdebuut met Watervlerk) het ek min kritiese beoordeling en rigtinggewing gekry.

Waar ek nou in Australië woon, is ek nog verder verwyder. Ek kan byvoorbeeld nie kunstefeeste of boekbekendstellings bywoon of sinvolle gesprekke voer met mede-skrywers nie. Mens sou kon sê ek het ʼn langafstandverhouding met die Afrikaanse (literatuur)landskap, asof ek ʼn klein gekoloniseerde eilandjie is van ʼn groter moondheid, iewers ver in die middel van die oseaan waar skepe selde aandoen en vliegtuie nooit kom land nie. Hier pleeg ek maar die Afrikaans waarmee ek nog altyd vertroud was en probeer deur die internet rakelings byhou met wat deesdae in Afrikaans geskryf word. Daaruit bied ek mý bydrae en bevolk Afrikaans op ʼn manier met beelde uit my nuwe tuisland.

 

  1. Het gesprek over literatuur op het openbare forum wordt niet alleen bepaald door schrijvers, teksten en bijvoorbeeld de literatuurkritiek. Ook uitgeverijen, met zaakwaarnemers en managers, redacteurs, boekontwerpers en lectoren, of bijvoorbeeld literatuuronderwijs op school en aan universiteiten, bepalen naast tal van andere agenten het beeld van een literatuur(landschap). Welke poëticale visie of ideeën omtrent literaire producties verdienen (méér) aandacht in het huidige literair systeem?

 

ILSE VAN STADEN:

Die Afrikaanse boekebedryf het baie verander sedert ek landuit is in 2012 en ek dra nie kennis van al die veranderinge nie. Hoe dit egter vir my voorkom, is dat dit vir skrywers (veral debuut skrywers, maar ook gevestigde skrywers) heelwat moeiliker is om gepubliseer te word by die hoofstroomuitgewers. Mens moet ook jou pad oopveg om resensies te kry. Dit speel beide kante toe – die skrywers kry nie terugvoer oor of blootstelling van hulle werk nie en die lesers (wat medeskrywers insluit) weet nie van boeke nie of weet nie wat oor die boeke gesê en gedink word nie. So verklein dit die literêre gesprek.

En waaraan moet ʼn skrywer hom/haarself meet, indien niemand kommentaar lewer nie? Hoe bekom skrywers ingeligte terugvoer oor hulle werk, buiten dié wat uitgewers/keurders verskaf? Miskien is dit tyd vir nuwe idees rondom resensies. ʼn Oop forum waar skrywers, by gebrek aan resensies, leesverslae kan aanvra (vir gepubliseerde werk) van een of meer kundige lesers? Dalk bestaan daar reeds so iets waarvan ek nie bewus is nie.

 

  1. Hoe zie je het hedendaagse landschap van een kleinere literatuur zoals die van het Afrikaans in een meertalige en multiculturele omgeving? Zijn er bepalende factoren en veranderingen die het gesprek over Afrikaanse literatuur vandaag anders maken dan gisteren?

 

ILSE VAN STADEN:

Soos reeds genoem, het die uitgewersbedryf en boekblootstelling baie verander. Nogtans blyk dit daar word steeds baie Afrikaanse boeke gepubliseer. Boekverspreiding is meer kompleks. Daar is minder Afrikaanse letterkunde in boekwinkels, meer boeke moet direk van die uitgewer of skrywer bestel word, versending is dikwels moeilik of duur in ʼn land waar die amtelike poswese in duie gestort het. Vir baie Afrikaanse lesers wat nou in die buiteland woon en vir letterkundiges uit ander tale wat in Afrikaans belangstel, maak dit die Afrikaanse boekemark tot ʼn groot mate ontoeganklik, tensy boeke in digitale vorm beskikbaar is.

Is daar alternatiewe vir boekverkope of -verspreiding? Meer digitale boeke? Selfs digbundels in e-boek formaat? (ʼn Vertaler uit New York kon my nader om van my gedigte te vertaal, omdat hy dit kon lees in ʼn digbundel wat as e-boek beskikbaar is op die internet).

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Yves T’Sjoen. Cahier van een lezer [20] – Vraaggesprekken met literaire agenten (3)
Yves T’Sjoen. Cahier van een lezer [22] – Vraaggesprekken met literaire agenten (5) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Atrium” (Marlise Joubert)
  • Meyer van Rensburg. BB
  • Stephan du Toit. Geklief
  • Margaret Cordier. Die mens as bouer
  • Joan Hambidge. George Steiner en Gerrit Kouwenaar

Nuutste kommentaar

  1. Hein Viljoen on Joan Hambidge. George Steiner en Gerrit Kouwenaar20 January 2026

    Joan Jy skryf: "By Kouwenaar: die maan en die perse word één". Die hele ryk Persiese wêreld - Babilon, spykerskrif,…

  2. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  4. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  5. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d