“Ik ben een lezer met de buien van geestdrift en verontwaardiging van een lezer; ik ben geen voorlichter, en ik zou het niet willen zijn.” – du Perron
Versindaba publiceert onregelmatig het ‘Cahier van een lezer’. Op de letterkundige brug tussen Zuid-Afrika en de Lage Landen deel ik parafernalia in de geest van de gelijknamige kleinschalige boekprojecten van de Nederlandse schrijver E. du Perron. Het Cahier, waarvan later een boekpublicatie verschijnt bij Naledi, is een neerslag van leeservaringen op het gebied van Nederlandse en Zuid-Afrikaanse letteren.
#24 Vraaggesprekken met literaire agenten
DEEL 7_In gesprek met Bernard Odendaal
In een vraaggesprek wordt actoren in de Afrikaanse literatuur gevraagd hoe zij hun rol beschouwen als literair agent, hoe en aan welke specifieke fluctuaties (literair, cultureel, maatschappelijk, economisch) het veld van de Afrikaanse letteren onderhevig is, welke uitdagingen zij persoonlijk ervaren als bepalend voor de actuele Afrikaanse letteren.
Gesprekspartners, tegelijk ook hoofdrolspelers in het Afrikaanse literaire gesprek, bekleden uiteenlopende rollen: schrijver, vertaler, uitgever, criticus, keurder, academicus. Eerst wordt gevraagd naar de institutionele functies en vervolgens gepeild naar ontwikkelingen in het hedendaagse Afrikaanse literatuurlandschap, welke wegen de betrokkenen zelf bewandelen in die trajecten van de literatuur en hoe het gesprek vandaag verloopt en/of welke de uitdagingen zijn voor de Afrikaanse letteren. Ieder gespreksgenoot spreekt natuurlijk in eigen naam, vanuit een particuliere positie en gericht op een persoonlijke esthetica, de institutionele rol van literair agent, van betrokken instantie in het vertoog over literatuur in een Zuid-Afrikaanse context.
Voor een toelichting bij het opzet van de interviews en een tweedelige inleidende tekst verwijs ik naar https://versindaba.co.za/2024/05/23/yves-tsjoen-cahier-van-een-lezer-18/. In de pilootaflevering van de gesprekkenreeks zijn reacties opgetekend van Joan Hambidge, Johan Coetzee en Charl-Pierre Naudé. Vervolgens kwamen Marlies Taljard en Mercy Kannemeyer aan het woord. Na gesprekken met Zuid-Afrikaanse schrijvers in de diaspora, Ilse van Staden, Eben Venter en Marita van der Vyver, geef ik het woord aan Bernard Odendaal.
1. Kun je het agentschap (“agency”) als literair betrokkene in het hedendaagse Afrikaanse literatuurlandschap becommentariëren? In het complexe systeem van literaire actoren, instanties en strategieën bekleed je naast velen hoe dan ook een eigen positie. Hoe zou je die rol zelf omschrijven?
BERNARD ODENDAAL:
Myns insiens behels literêr-sistemiese agentskap (inderdaad veranderlike rolle en posisies wat persone of instellings beklee in die skep en publikasie (produksie), verspreiding en resepsie van literêre werke (ook andersoortige boeke), sy dit in gedrukte vorm of via digitale media. Ook die handhawing en bevordering van die regte en vryhede van persone en institusies wat sodanige rolle in die sisteem speel, kan as ’n agentskapfunksie beskou word. Laasgenoemde funksie in die Afrikaanse letterkundewêreld is ’n verantwoordelikheid wat, onder meer, deur PEN Afrikaans gedien word. Dié instelling, op die bestuur waarvan ek ’n dekade lank dien, speel trouens ’n verskeidenheid (onderskragende) rolle in die Afrikaanse literatuursisteem: op skeppende vlak deur die loodsing van, en vind van fondse vir, skrywersresidensiegeleenthede en skryfwedstryde; op verspreidingsvlak deur die saamstel en uitstuur van maandelikse nuusbriewe oor gebeure in die Afrikaanse letterkundewêreld, deur die bemiddeling van borgskappe om die vertaling en publikasie van Afrikaanse fiksietekste in ander tale moontlik te maak en deur die finansiële ondersteuning van digtersoptredes en openbare lesings oor iets soos persvryheid by bepaalde jaarlikse kunstefeesgeleenthede; en op resepsievlak deur moontlik te maak dat daar jaarliks aanlyn resensentopleidingskursusse aangebied word. Verdere wyses waarop ek die voorreg het om tydelik ’n agentskaprol in die Afrikaanse literêre sisteem te vertolk, is my bestuurslidmaatskap van die PUK-Kanselierstrust (wat navorsingsprojekte en niefiksie-boekpublikasies in Afrikaans, op alle vakkundige terreine, finansieel ondersteun), my konsultantrol met betrekking tot die literatuurbeen van die jaarlikse Vrystaat Kunstefees, asook my betrokkenheid as letterkundekomiteelid by die vestiging en ontwikkeling van die Louw Huis en Museum te Sutherland (waar die digterbroers N.P. van Wyk Louw en W.E.G. Louw grootgeword het). Voorheen het ek gereeld resensies oor (veral) digkunspublikasies geskryf. As afgetrede akademikus sit ek my dekadeslange werk as navorser en skrywer van letterkundige artikels en boekbydraes voort. Ek is steeds aktief as digter, en het my die afgelope klompie jare ook begin verdiep in die vertaling van liedtekste en gedigte in Afrikaans.
2. Het gesprek over literatuur op het openbare forum wordt niet alleen bepaald door schrijvers, teksten en bijvoorbeeld de literatuurkritiek. Ook uitgeverijen, met zaakwaarnemers en managers, redacteurs, boekontwerpers en lectoren, of bijvoorbeeld literatuuronderwijs op school en aan universiteiten, bepalen naast tal van andere agenten het beeld van een literatuur(landschap). Welke poëticale visie of ideeën omtrent literaire producties verdienen (méér) aandacht in het huidige literair systeem?
BERNARD ODENDAAL:
Die verliese wat Afrikaans in hoëfunksieverband moes ly die afgelope drie dekades het twee uiteenlopende gevolge vir fiksiepublikasies in dié taal gehad. Enersyds het die sogenaamde voorskryfmark vir onderwysinstellings (waar, byvoorbeeld, studentegetalle in Afrikaansklasse aan tersiêre instellings afgeneem het), asook die staatsondersteunde boekaankope vir openbare en skoolbiblioteke ingrypend gekrimp.
Andersyds was dit asof Suid-Afrikaners, en veral Afrikaanssprekendes, al liewer oor hulleself begin lees het. Hiervan getuig beskikbare syfers vir sowat die eerste dekade ná die millenniumwending. Waar slegs 24% van boektitels wat gedurende 2004 in Suid-Afrika verkoop het, hier te lande uitgegee was, het die markaandeel gestyg tot 36% in 2014. Waar boekhandelaars tien jaar tevore net meer as 1½ miljoen Suid-Afrikaans vervaardigde boeke kon verkoop, het hulle in 2014 amper 3,6 miljoen Trots-Suid-Afrikaans-publikasies van die hand gesit. Voorts het dit duidelik geword dat jy as ’t ware nader aan die binnebaan van die plaaslike boekverkopewedloop geloot is as jy in Afrikaans geskryf het. In 2004 was net 16% van die plaaslik gepubliseerde boeke wat verhandel is, in Afrikaans geskryf (teenoor 77% in Engels); in 2024 was die proporsie vir Afrikaans en Engels onderskeidelik 45% en 53%.
Wat agter laasgenoemde ontwikkeling gesteek het, is nie vir my heeltemal duidelik nie. Ek dink egter dat ’n minder streng of eng fokus op elitêre estetiese opvattings by literêre kritici, voorskrywers van boeke vir bestudering, prystoekenners en -beoordelaars ’n rol hierin gespeel het. Die weg is gebaan vir uitmuntende skrywers, uitgewers en kritici van wat voorheen as “ontspanningsliteratuur/-lektuur” bestempel sou wees, om sentrale agentskapposisies en -rolle in die letterkundesisteem in te neem. Voorts het die groeiende blootstelling wat skrywers en boeke by kunstefeeste en op ander openbare podia kon geniet, waarskynlik die genoemde styging in die produksie en verkope van plaaslik geskepte en gepubliseerde boeke bevorder.
Hoe die verkopesyfers van die afgelope dekade vir die plaaslike boekindustrie daar uitsien, weet ek nie. Die stygende gewildheid van podia wat via die wêreldwye digitale web toeganklik geword het, soos die inperkinge wat die COVID-pandemie tweeggebring het, het waarskynlik ’n tol geëis. Dit word kennelik ’n groter uitdaging om Afrikaanse skryfwerk by kommersiële uitgewers die lig te laat sien. Hiervan getuig die opkoms van enkele nisuitgewers (as ek hulle voorlopig so kan bestempel) in die afgelope jare: Naledi, Turksvy, Imprimatur…
3. Hoe zie je het hedendaagse landschap van een kleinere literatuur zoals die van het Afrikaans in een meertalige en multiculturele omgeving? Zijn er bepalende factoren en veranderingen die het gesprek over Afrikaanse literatuur vandaag anders maken dan gisteren?
BERNARD ODENDAAL:
Ek reken die vermindering van die hoëfunksierol van Afrikaans in die huidige maatskaplike- en ekonomies-politieke bedeling, en die impakte daarvan op sowel tersiêre as ander onderwysvlakke, hou ’n bedreiging vir die voortbestaan van Afrikaans as woordkunstaal in – soos vir literatuurskepping in die ander Suid-Afrikaanse inheemse tale. Vandaar dat ek meen inisiatiewe en optredes ter bevordering van die inheemse tale in hoëfunksieverband is sake wat die steun van so ’n breed as moontlike deel van die Suid-Afrikaanse bevolking verdien. Trouens, ek hou duim vas dat die Afrikaans Amptelik 100-vieringsveldtog wat net meer as ’n maand gelede van stapel gestuur is, as ’n inspirasiefaktor in hierdie verband kan dien. PEN Afrikaans het juis sy ondersteuning van sodanige veldtog laat blyk deur onlangs ’n skryfwedstryd te loods, met “Kyk hoe ver het ons gekom” as breë tema en in samewerking met ander instansies wat in Afrikaans belê (https://penafrikaans.org.za/kyk-hoe-ver-het-ons-gekom-n-gedigte-en-kortverhaalkompetisie/).
’n Ontwikkeling wat voorts, op bemoedigende wyse, in die afgelope tyd met betrekking tot Afrikaans opval, is die tendens van demokratisering om sodoende ’n steeds groeiende deel van die Afrikaanse spraakgemeenskap in te sluit by agentskapverwerwing binne die literatuursisteem. Dit blyk byvoorbeeld dat al meer benutters van sosiolekte (groepstongvalle) en geolekte (streeksvariëteite) van Afrikaans in die afgelope jare debuteer (kyk https://www.litnet.co.za/vernuwing-vervreemding-en-taalvariante-n-p-van-wyk-louw-se-nuwe-verse-en-die-eietydse-poesie/) – en dat ’n groeiende aantal sulke skrywers se werk met literêre pryse bekroon word.
’n Verdere ontwikkeling wat my boei, is die impakte op woordkunsproduksie, -verspreiding en -resepsie vanweë die wêreldwye opkoms van sulke werk geskep vir, en deur middel van, digitale programmatuur en apparatuur (https://www.litnet.co.za/neerslae-van-mediosferiese-veranderings-veral-die-meer-onlangse-digitale-wending-in-die-skep-en-ervaar-van-digkuns-gedemonstreer-met-afrikaanse-voorbeelde/). Ook dít is ’n ontwikkeling wat implikasies inhou vir die woordkunsbeskoulike norme soos dit tipies vir letterkundige werke in boekdrukformaat gegeld het, en wat tans steeds heersend is.