Cahier van een lezer [22]
“Ik ben een lezer met de buien van geestdrift en verontwaardiging van een lezer; ik ben geen voorlichter, en ik zou het niet willen zijn.” – du Perron
Versindaba publiceert onregelmatig het ‘Cahier van een lezer’. Op de letterkundige brug tussen Zuid-Afrika en de Lage Landen deel ik parafernalia in de geest van de gelijknamige kleinschalige boekprojecten van de Nederlandse schrijver E. du Perron. Het Cahier, waarvan later een boekpublicatie verschijnt bij Naledi, is een neerslag van leeservaringen op het gebied van Nederlandse en Zuid-Afrikaanse letteren.
#24 Vraaggesprekken met literaire agenten
DEEL 5 – Schrijven in de diaspora. In gesprek met Eben Venter
In een vraaggesprek wordt actoren in de Afrikaanse literatuur gevraagd hoe zij hun rol beschouwen als literair agent, hoe en aan welke specifieke fluctuaties (literair, cultureel, maatschappelijk, economisch) het veld van de Afrikaanse letteren onderhevig is, welke uitdagingen zij persoonlijk ervaren als bepalend voor de actuele Afrikaanse letteren.
Gesprekspartners, tegelijk ook hoofdrolspelers in het Afrikaanse literaire gesprek, bekleden uiteenlopende rollen: schrijver, vertaler, uitgever, criticus, keurder, academicus. Eerst wordt gevraagd naar de institutionele functies en vervolgens gepeild naar ontwikkelingen in het hedendaagse Afrikaanse literatuurlandschap, welke wegen de betrokkenen zelf bewandelen in die trajecten van de literatuur en hoe het gesprek vandaag verloopt en/of welke de uitdagingen zijn voor de Afrikaanse letteren. Ieder gespreksgenoot spreekt natuurlijk in eigen naam, vanuit een particuliere positie en gericht op een persoonlijke esthetica, de institutionele rol van literair agent, van betrokken instantie in het vertoog over literatuur in een Zuid-Afrikaanse context.
Voor een toelichting bij het opzet van de interviews en een tweedelige inleidende tekst verwijs ik naar https://versindaba.co.za/2024/05/23/yves-tsjoen-cahier-van-een-lezer-18/. In de pilootaflevering van de gesprekkenreeks zijn reacties opgetekend van Joan Hambidge, Johan Coetzee, Charl-Pierre Naudé, Marlies Taljard en Mercy Kannemeyer. In de volgende delen spreken drie Zuid-Afrikaanse schrijvers vanuit de diaspora: Ilse van Staden, Eben Venter en Marita van der Vyver. Na Ilse van Staden reageert vanuit Australië Eben Venter op de vragen.
- Kun je het agentschap (“agency”) als literair betrokkene in het hedendaagse Afrikaanse literatuurlandschap becommentariëren? In het complexe systeem van literaire actoren, instanties en strategieën bekleed je naast velen hoe dan ook een eigen positie. Hoe zou je die rol zelf omschrijven?
EBEN VENTER:
Die Afrikaanse leser is lief vir hulle skrywers. Hoe weet ek dit, hoe ‘meet’ ek hierdie liefde? Ek arriveer op ’n skaapplaas in die Oos-Kaap en die gasvrou het fragmente uit Breyten Breytenbach se gedigte op haar grootborde geverf, nou skep sy die skaaptjop op pragtige swart kwashale:
tussen plat olierige blare
(vermomde paddas wat spioeneer)
is die wollerige gesig van die wit poëet.
(B. Breytenbach, die ysterkoei moet sweet, Afrikaanse Pers-Boekhandel, 1964, p. 11)
By die jaarlikse Woordfees op Stellenbosch bring ‘n leser vir my ‘n bottel appelkooskonfyt toegedraai in ‘n stuk hekelwerk. Op die verhoog voor ‘n vol saal in die Woordtent vra my onderhoudvoerder byna intieme vrae; hy weet die notaboek is ‘n heilige middel tot my skryfwerk. ‘Ek kon aanvoel hierdie sin,’ hy verwys na my onlangse roman, Decima, ‘is gebore en getoë in jou notaboek’.
My ganse bemarkingsreis deur Suid-Afrika vir Decima verloop in hierdie trant. Die boek verkoop, nie in duisende nie, maar darem in honderde. (Ek het Decima in Engels geskryf en toe huis toe gebring deur dit te herskep in my moedertaal, Afrikaans.)
Na ses maande keer ek terug na Australië en loop weer koelkop op vaste aarde. En vra myself af: ‘wat bly oor van soene?’, om ‘n ander Oos-Kaapse skrywer, Hennie Aucamp (geliefd), aan te haal. My boek het ses maande geleef. Of lesers nog die stem daarin sal onthou, die eko-treur, die belangrike bewaringsmotief en die renoster as gevoelvolle wese, weet ek nie. Ek hoop, maar twyfel, of al die boekwinkels waar ek so gul ontvang is die verkoopte voorraad van my boek sal aanvul. Vaarwel beste swartrenoster.
Wat behels agency in en buitewaarts vanaf die hedendaagse Afrikaanse literatuurlandskap, in die sin van die Latynse ago = om iets of iemand aan die gang te sit? Of nog sterker: agito = om iets of iemand konstant aan die gang te sit? Ek weet nie hoe om hierop te antwoord anders as met ‘n skeut skeptisisme. Miskien sal aandagtige lesers nog die swembadtoneel in Etienne Leroux se Sewe Dae by die Silbersteins onthou, of Jeanne Goosen met haar skerpsinnig-snaakse hondestories, of die feit dat wyle Nelson Mandela met sy amptelike inhuldiging as president van die nuwe, demokratiese Suid-Afrika, Ingrid Jonker aangehaal het:
Die kind wat doodgeskiet is deur soldate in Nyanga.
Die kind is nie dood nie.
(I. Jonker, Versamelde Werke (derde hersiene uitgawe), Human & Rousseau, 1994)
En daar is die kollektief ervaarde kompliment van die benoeming van Die Swerfjare van Poppie Nongena van Elsa Joubert as een van die honderd merkwaardigste boeke in Afrika.
Om meer as dit van so ’n klein literêre landskap te verwag, is byna arrogant. Maar ja, dank aan Derek Attridge met sy ambisieuse artikel: The Triumph of Afrikaans Fiction, waarin hy o.a. my werk beskryf het as ‘perhaps more of an acquired taste’ (D. Attridge, ‘The Triumph of Afrikaans Literature’, Public Books, 2018). (Iets soos die oog in ’n stadiggebakte skaapkop, stel ek my voor).
Hier vanaf Australië met ook ‘n relatief kleinere literatuurlandskap, wil ek vir ’n oomblik afwyk om te verwys na die agency van ‘n bepaalde teks en skrywer wat hier, en elders, buite die kontinent, steeds aandag trek, steeds mense in vervoering laat. Dit is naamlik die Jerilderie-brief (1879) geskryf deur Ned Kelly. Afkomstig van Ierse prisoniersburgers was en is Ned Kelly vanaf die einde van die negentiende eeu toe hy en sy bende bedrywig was, tot vandag toe, die verpersoonliking van ‘n waaghalsige, uitgesproke, slim en slinkse man wat die koloniale establishment ondermyn en uitgedaag het. Ned Kelly se een en enigste geskrif, die beroemde Jerilderie-brief, is geskryf in bewussynstroom, ‘n voorloper van Joyce dus, met minimale punktuasie, laterale spronge, ’n ryk, weldadige woordeskat en ‘n blatant-uitdagende, hier-en-nou toon wat ek persoonlik verruklik vind. Ek skryf kortliks die begin van Kelly se brief neer om enigsinds my lof daaroor te staaf:
Dear Sir
I wish to acquaint you with some of the occurrences of the present and the future, In or about the spring of 1870 the ground was very soft a hawker named Mr Gould got his waggon bogged between Greta and my mother’s house on the eleven mile creek, the ground was rotten it would bog a duck in places so Mr Gould had abandon his waggon for fear of loosing his horses in the spewy ground.
(Kelly N., The Jerilderie Letter. Introduced by Alex McDermott. Text Publishing, 2012)
Die brief, en die ikoniese figuur en dade van Ned Kelly, weerklink vandag nog hier en in die buiteland, soos ek genoem het. Meer as drie films is al gemaak met die Jerilderi-brief as basis, een met die eweneens verruklik en bebaarde Mick Jagger as Ned in die titelrol; en een van Australië se belangrikste skrywers, Peter Carey, het sy ganse roman, The History of the Kelly Gang, in die trant en toon van die einste Jerilderie-brief geskryf.
Ek weet van g’n enkele teks in Afrikaans wat die soort weerklinkende aanhang en krag het om films en ander prosatekste te inspireer, en bowenal individuele lesers en selfs nie-lesers steeds aan die praat daaroor te hou.
Maar miskien antwoord ek die vraag oor agency nie genuanseerd genoeg nie. Miskien is die vraag selfs verkeerd gestel. Die effek van die Afrikaanse prosa en poësie moet noodwendig verskraal word tot slegs die voordeel, tot die verryking wat dit op die individuele leser het. Hierdie verryking is beswaarlik kwantifiseerbaar. Die leser laatnag by die stil lig van hulle bedlamp wat raaklees, wat oordink, wat daarmee aan die slaap raak: die humaniteit wat na vore kom in my storie oor Decima die renoster, soos leserskrywer Wentzel Lombard dit gestel het (W. Lombard, On the Humanity in Decima, knaap.substack, Jan 7, 2024). Die agency wat ek hier ter sprake wil bring gaan oor die belewing, die ínlewing van die (eensame) leser met die teks, soos dit so treffend na vore kom in die slotsin van Karel Schoeman se ’n Ander land (1983):
“Die leegheid neem jou op en stilte omsluit jou, nie meer vreemde groothede om van oor ’n afstand onbegrypend betrag te word nie; die onbekende land word vertroud en die deurganger onthou nie meer dat dit eens nog sy bedoeling was om verder te reis nie. Halwerweë op die pad ontdek jy effens verras dat die reis voltooi is, en die bestemming reeds bereik” (K. Schoeman, ’n Ander land, Human & Rousseau, 2006).
- Het gesprek over literatuur op het openbare forum wordt niet alleen bepaald door schrijvers, teksten en bijvoorbeeld de literatuurkritiek. Ook uitgeverijen, met zaakwaarnemers en managers, redacteurs, boekontwerpers en lectoren, of bijvoorbeeld literatuuronderwijs op school en aan universiteiten, bepalen naast tal van andere agenten het beeld van een literatuur(landschap). Welke poëticale visie of ideeën omtrent literaire producties verdienen (méér) aandacht in het huidige literair systeem?
EBEN VENTER:
Hoe die Afrikaanse skrywer ook al die geleentheid wil aangryp (’n geleentheid wat my as wit manlike skrywer lank reeds beskore was, en daarvoor altyd my dank) om te skryf oor die durende, inherente rassisme van die Suid-Afrikaanse samelewing, of oor die regte voornaamwoorde vir LGBTQI-mense, of oor geweld binne die gesin (geldige, dringende onderwerpe), is die mees brandende onderwerp in die een-en-twintigste die oor die bewaring van ons blou planeet met al haar diere en bye en bosse, haar heilige grond en rein waters.
- Hoe zie je het hedendaagse landschap van een kleinere literatuur zoals die van het Afrikaans in een meertalige en multiculturele omgeving? Zijn er bepalende factoren en veranderingen die het gesprek over Afrikaanse literatuur vandaag anders maken dan gisteren?
EBEN VENTER:
Dit voel vir my of ek al reeds die vrae beantwoord het.
Net nog dit, en dan sonder om voorskriftelik te klink: as ons skrywers ons wildste verbeelding kan gebruik om geboorte aan enige karakter te gee, en die skoonheid van ons storie nie net in die storie, maar ook in die woorde en skryfstyl, die writing, self lê, is enigiets moontlik.
Toe die Spaanse skrywer Rosa Chacel die eerste maal die werk van James Joyce teëgekom het, het sy as volg daaroor geskryf: “My ontdekking van Joyce het die sekerheid aan my gegee dat enigiets in die roman gedoen kan word: poësie, skoonheid, denke, lelikheid en lastering”. (X/Twitter, A post on Just Joyce, by @johnstonglenn)