“Ik ben een lezer met de buien van geestdrift en verontwaardiging van een lezer; ik ben geen
voorlichter, en ik zou het niet willen zijn.” – du Perron
Versindaba publiceert onregelmatig het ‘Cahier van een lezer’. Op de letterkundige brug tussen Zuid-Afrika en de Lage Landen deel ik parafernalia in de geest van de gelijknamige kleinschalige boekprojecten van de Nederlandse schrijver E. du Perron. Het Cahier, waarvan later een boekpublicatie verschijnt bij Naledi, is een neerslag van leeservaringen op het gebied van Nederlandse en Zuid-Afrikaanse letteren.
#24 Vraaggesprekken met literaire agenten
DEEL 6 – Schrijven in de diaspora. In gesprek met Marita van der Vyver
In een vraaggesprek wordt actoren in de Afrikaanse literatuur gevraagd hoe zij hun rol beschouwen als literair agent, hoe en aan welke specifieke fluctuaties (literair, cultureel, maatschappelijk, economisch) het veld van de Afrikaanse letteren onderhevig is, welke uitdagingen zij persoonlijk ervaren als bepalend voor de actuele Afrikaanse letteren.
Gesprekspartners, tegelijk ook hoofdrolspelers in het Afrikaanse literaire gesprek, bekleden uiteenlopende rollen: schrijver, vertaler, uitgever, criticus, keurder, academicus. Eerst wordt gevraagd naar de institutionele functies en vervolgens gepeild naar ontwikkelingen in het hedendaagse Afrikaanse literatuurlandschap, welke wegen de betrokkenen zelf bewandelen in die trajecten van de literatuur en hoe het gesprek vandaag verloopt en/of welke de uitdagingen zijn voor de Afrikaanse letteren. Ieder gespreksgenoot spreekt natuurlijk in eigen naam, vanuit een particuliere positie en gericht op een persoonlijke esthetica, de institutionele rol van literair agent, van betrokken instantie in het vertoog over literatuur in een Zuid-Afrikaanse context.
Voor een toelichting bij het opzet van de interviews en een tweedelige inleidende tekst verwijs ik naar https://versindaba.co.za/2024/05/23/yves-tsjoen-cahier-van-een-lezer-18/. In de pilootaflevering van de gesprekkenreeks zijn reacties opgetekend van Joan Hambidge, Johan Coetzee, Charl-Pierre Naudé, Marlies Taljard en Mercy Kannemeyer. In de volgende delen spreken drie Zuid-Afrikaanse schrijvers vanuit de diaspora: Ilse van Staden, Eben Venter en Marita van der Vyver. Na Ilse van Staden en Eben Venter reageert vanuit Frankrijk Marita van der Vyver.
1. Kun je het agentschap (“agency”) als literair betrokkene in het hedendaagse Afrikaanse literatuurlandschap becommentariëren? In het complexe systeem van literaire actoren, instanties en strategieën bekleed je naast velen hoe dan ook een eigen positie. Hoe zou je die rol zelf omschrijven?
MARITA VAN DER VYVER:
Ek beskou my rol in die Afrikaanse literêre toneel uit verskillende hoeke. Eerstens dalk as iemand wat deure oopmaak tussen genres. My skryfwerk is bekroon in verskeie genres, van romans, jeugromans, kinderboeke en kortverhaalbundels tot radiodramas, joernalistieke essays en selfs kookboeke. My agency is dat ek kies om veelsydig te wees.
Ek is ook ’n skrywer met ’n lang raklewe, as ek dit so durf stel, want ek het reeds in die vroeë jare 80 begin om jeugboeke te skryf, en sedert die vroeë 90s waag ek my hand aan verskeie ander genres, en sommige van my boeke is al meer as 30 jaar in druk. Heelwat lesers maak as kinders kennis met my boeke en begin dan later ook my werk vir volwassenes lees. Hopelik is ek ook ’n brug tussen die ouer generasie van Afrikaanse skrywers, baie van hulle reeds oorlede, en die nuwe geslag van opwindende skrywers wat die taal verbreed en die profiel van Afrikaanse skrywers verander wat gender, ras en klas betref.
Nog ’n hoek waaruit ek na myself kyk, is as buitestander, met ’n blik van buite op die Afrikaanse boektoneel, omdat ek al 25 jaar lank in Frankryk lewe.
2. Het gesprek over literatuur op het openbare forum wordt niet alleen bepaald door schrijvers, teksten en bijvoorbeeld de literatuurkritiek. Ook uitgeverijen, met zaakwaarnemers en managers, redacteurs, boekontwerpers en lectoren, of bijvoorbeeld literatuuronderwijs op school en aan universiteiten, bepalen naast tal van andere agenten het beeld van een literatuur(landschap). Welke poëticale visie of ideeën omtrent literaire producties verdienen (méér) aandacht in het huidige literair systeem?
MARITA VAN DER VYVER:
Omdat ek ook kinder- en jeugboeke skryf, besoek ek gereeld skole en bied werkswinkels aan in praatpoësie of ‘spoken word poetry’, wat ontsettend geesdriftig ontvang word deur tienderjarige leerders, selfs dié wat afgeskrik word deur gewone ‘outydse’ poësie. Myns insiens kan sulke ‘performance poetry’ baie wyer gebruik word in skole, en selfs in kolleges en universiteitskursusse, om ’n toeganklike brug te bou na ouer, meer akademiese poësie.
Ek sou ook graag wou sien dat ’n veel wyer keuse van boeke op skool voorgeskryf word sodat leerders boeke kan lees waarmee hulle makliker kan identifiseer. In so ’n multikulturele, veeltalige land met so ’n enorme verskil tussen welgestelde meestal wit skole in voorstede en arm meestal swart skole in townships, behoort daar meer gedoen te word om gapings in begrip te oorbrug en empatie te kweek.
3. Hoe zie je het hedendaagse landschap van een kleinere literatuur zoals die van het Afrikaans in een meertalige en multiculturele omgeving? Zijn er bepalende factoren en veranderingen die het gesprek over Afrikaanse literatuur vandaag anders maken dan gisteren?
MARITA VAN DER VYVER:
Die Afrikaanse literêre landskap het, dank die hemel, dramaties verander en verbreed in die 40 jaar wat ek deel daarvan is, soos reeds in my antwoord op die eerste vraag hierbo aangedui. Dis nie meer ’n gesprek wat deur ou wit mans, of selfs ou wit vroue, oorheers kan word nie.
Ongelukkig het dit ook vervlak, soos oral in die wêreld met die boekbedryf gebeur. Ek wil nie in ’n elitistiese slagyster trap nie – want ek glo werklik daar is ’n behoefte aan ‘maklike’ leesstof, soetsappige liefdesverhale en spanningsverhale in Afrikaans, soos in enige ander taal – maar daar word waarskynlik té veel Afrikaanse boeke gepubliseer wat nie goed genoeg geskryf is nie, met ’n té kort raklewe, vir so ’n klein taal. Omdat die aantal boekkopers nie werklik groei nie, word die boekbedryf soos ’n koek wat in al hoe dunner skywe gesny moet word sodat al hoe meer skrywers ’n paar krummels kan kry. Dit word al hoe moeiliker om ’n bestaan te maak uit die krummels wat oorbly.