Anneke (Keyter) van Niekerk
(1930 – 2024)
Ek skenk aan jou ‘n plant
vir jou tuin, ‘n Sansevieria trifasciata,
eens staangemaak in my kantoor,
hierdie groen Skoonma-se-tong:
een wat groei in plekke donker;
maar veral in die son by Oasis,
dáár by jul mooi het gehuis.
Jy was ‘n tuinier en kon praat
oor verskillende plantsoorte,
divisies van naaksadiges
teenoor die bedeksadiges.
Daardie plant sal steeds blom
in tropiese Afrika en nou,
waar jy is, buite jou aardse lushof,
onthou ons dat herinneringe
nimmer gekoppel is aan tyd of plek.
In die koninkryk van plante
sien ek jou werk en plant langs
ander hoveniers en kwekers
in die godetuin van Eden.
© Joan Hambidge, 2024