seismograaf
seismografiese seine verklap geheime
moeder aarde wil in trurat tol
met die maan se seine
draai die kern soos ‘n seismiese mol
© Hennie Maartens, 2024
**
rugby
‘n hadida vlieg oor ‘n volgepakte stadion
terwyl vlermuise in die elektriese son baljaar
sit toeskouers soos mense wat verjaar
die eerste vroueskeidsregter is voorwaar ’n gideon
© Hennie Maartens, 2024