afrikaans
afrikaans kom van
amsterdam en amersfoort
kuala lumpur en koekenaap
van riemvasmaak en van rietfontein
van riemvasmaak tot in die bo kaap
van amsterdam tot in amersfoort
van windhoek en tot in wie weet waar
word die taal gepraat
in die kaap
is die taal tuis in moskee en kerk
in witrokke en swaelstertpakke
in kortbroeke en deurtrekkers
die taal is pigmentasie blind
en word in die mond verslind
© Hennie Maartens, 2024