“Ik ben een lezer met de buien van geestdrift en verontwaardiging van een lezer; ik ben geen voorlichter, en ik zou het niet willen zijn.” – du Perron
Versindaba publiceert onregelmatig het ‘Cahier van een lezer’. Op de letterkundige brug tussen Zuid-Afrika en de Lage Landen deel ik parafernalia in de geest van de gelijknamige kleinschalige boekprojecten van de Nederlandse schrijver E. du Perron. Het Cahier, waarvan later een boekpublicatie verschijnt bij Naledi, is een neerslag van leeservaringen op het gebied van Nederlandse en Zuid-Afrikaanse letteren.
#24 Vraaggesprekken met literaire agenten
DEEL 13 – In gesprek met Pieter Odendaal
In een vraaggesprek wordt actoren in de Afrikaanse literatuur gevraagd hoe zij hun rol beschouwen als literair agent, hoe en aan welke specifieke fluctuaties (literair, cultureel, maatschappelijk, economisch) het veld van de Afrikaanse letteren onderhevig is, welke uitdagingen zij persoonlijk ervaren als bepalend voor de actuele Afrikaanse letteren.
Gesprekspartners, tegelijk ook hoofdrolspelers in het Afrikaanse literaire gesprek, bekleden uiteenlopende rollen: schrijver, vertaler, uitgever, criticus, keurder, academicus. Eerst wordt gevraagd naar de institutionele functies en vervolgens gepeild naar ontwikkelingen in het hedendaagse Afrikaanse literatuurlandschap, welke wegen de betrokkenen zelf bewandelen in die trajecten van de literatuur en hoe het gesprek vandaag verloopt en/of welke de uitdagingen zijn voor de Afrikaanse letteren. Ieder gespreksgenoot spreekt natuurlijk in eigen naam, vanuit een particuliere positie en gericht op een persoonlijke esthetica, de institutionele rol van literair agent, van betrokken instantie in het vertoog over literatuur in een Zuid-Afrikaanse context.
Voor een toelichting bij het opzet van de interviews en een tweedelige inleidende tekst verwijs ik naar https://versindaba.co.za/2024/05/23/yves-tsjoen-cahier-van-een-lezer-18/. In de gesprekkenreeks zijn reacties opgetekend van Joan Hambidge, Johan Coetzee, Charl-Pierre Naudé, Marlies Taljard, Mercy Kannemeyer, Ilse van Staden, Eben Venter, Marita van der Vyver, Bernard Odendaal, Paul Kammies, Klara du Plessis, Alwyn Roux, Izak de Vries en Marni Bonthuys. Vandaag is Pieter Odendaal aan het woord.
1 Kun je het agentschap (“agency”) als literair betrokkene in het hedendaagse Afrikaanse literatuurlandschap becommentariëren? In het complexe systeem van literaire actoren, instanties en strategieën bekleed je naast velen hoe dan ook een eigen positie. Hoe zou je die rol zelf omschrijven?
PIETER ODENDAAL
Onder “agency” verstaan ek die mag en invloed wat my verskillende hoedens my skenk. As skrywer (digter en dramaturg) het ek skeppingsmag en produseer ek nuwe werk wat hopelik effekte op ’n sosio-kulturele vlak het. Ek verkies om hierdie agentskap hoofsaaklik in Afrikaans te beoefen, aangesien my tematiek dikwels die troebel legacies van Afrikaners/Afrikaans betrek.
As literêre vertaler (veral ná Afrikaans, maar ook uit Afrikaans in Engels, Spaans ens.) sien ek my rol as ’n verbreër en brugbouer tussen literêre sisteme. Hier is ek veral geïnteresseerd in die maniere waarop vertaling versoenend te werk kan gaan.
Dan is ek ook ’n vervaardiger en organiseerder van literêre en teaterproduksies, waar die mag van die kollektief en die skep van platforms vir ontluikende en gevestigde kunstenaars voorop staan. Laastens is ek ’n opvoeder, en doseer ek tans Creative Writing by NWU in Potchefstroom. Hier fokus ek op die ontwikkeling van jong skryftalent en die meertalige transformasie van die kurrikulum.
2 Het gesprek over literatuur op het openbare forum wordt niet alleen bepaald door schrijvers, teksten en bijvoorbeeld de literatuurkritiek. Ook uitgeverijen, met zaakwaarnemers en managers, redacteurs, boekontwerpers en lectoren, of bijvoorbeeld literatuuronderwijs op school en aan universiteiten, bepalen naast tal van andere agenten het beeld van een literatuur(landschap). Welke poëticale visie of ideeën omtrent literaire producties verdienen (méér) aandacht in het huidige literair systeem?
PIETER ODENDAAL
Die grense wat ons trek bepaal hoe die sisteem lyk waarna ons kyk. As ons slegs op die Afrikaanse literêre sisteem fokus, loop ons die risiko om die kulturele en verstaansafstand tussen Suid-Afrikaners verder te perpetueer. Hierdie benadering ignoreer die lewegewende mycelium tussen Afrikaans en ander Suid-Afrikaanse tale.
Wat bedoel ek hiermee? As ons kan wegbeweeg van die laertrek-mentaliteit om Afrikaans (Oe wee, die taal sterf uit!) kan ons help om die taal se toekoms te verseker. Hoe kan die verskillende inheemse tale van die land saamwerk om saam te floreer?
Die linguistiese werklikheid vir die oorgrote meerderheid Suid-Afrikaners is ’n daaglikse bredie van gemengde tonge. Hoe kan ons hierdie werklikheid beter weergee in die letterkunde? Kan ons boeke in drie, vier tale skryf, en wegdoen met persentasievereistes vir publikasiebefondsing van Afrikaanse boeke? Kan ons die magsposisie van Afrikaans gebruik om inklusiewe meertaligheid te bevorder eerder as om ’n enkeltaalagenda onder die mantel van inklusiwiteit te bedryf?
Op navorsingsvlak dink ek daar is ook ’n gulde geleentheid om die Suid-Afrikaanse literêre geskiedenis te herskryf deur op die parallele ontwikkeling van inheemse letterkundes te fokus. Vergelykende studies tussen tale in Suid-Afrika, en hoe die geskiedenis hierdie letterkundes saam beïnvloed het, kan help om die grondwerk te lê vir ’n meertalige Suid-Afrikaanse letterkunde. Veeltalige projekte soos die AVBOB-poësie projek en Jacana se Sol Plaatje EU kompetisie is klein stappies in die regte rigting.
3 Hoe zie je het hedendaagse landschap van een kleinere literatuur zoals die van het Afrikaans in een meertalige en multiculturele omgeving? Zijn er bepalende factoren en veranderingen die het gesprek over Afrikaanse literatuur vandaag anders maken dan gisteren?
PIETER ODENDAAL
My antwoord hierbo sit reeds my siening uit. Die blindekol wat meer aandag verdien is presies die gebrek aan sinapse en die bevordering van uitruiling tussen Afrikaans en ander inheemse tale. Verder moet ons ook besin oor hoe ons die magsposisie van Afrikaans kan gebruik om hierdie tale te bevorder.
Ek het nou die dag ’n artikel gelees oor die gebrek aan ’n soort waarheids- en versoeningskommissie vir Afrikaans. Dis maklik vir mense (veral as jy coin het) om te sê dat ons asseblief nou die verlede moet begrawe, dat ons moet aanbeweeg.
Ons is duidelik in ’n oorgangsfase in die Afrikaanse literêre sisteem, en die verbrokkeling van die sogenaamde Standaard skep space vir ’n nuwe konsepsualisering van die taal, hoe ver haar wortels strek en hoe beautiful haar lappieskombers in die oggendson blink. Maar dan kan die ouens in beheer (almost always men) nie aanhou wegtrek van die res van Suid-Afrika nie. Die stig van eksklusief Afrikaans universiteite, literêre pryse waar al die finaliste wit is, en die facebook grammar polisie gaan Afrikaans op die lange duur net verder isoleer en fragmenteer. Intertaligheid is nog altyd die kompos vir die groei van Afrikaans – om dit te ontken, gaan ons nog duur te staan kom.