“Ik ben een lezer met de buien van geestdrift en verontwaardiging van een lezer; ik ben geen voorlichter, en ik zou het niet willen zijn.” – du Perron
Versindaba publiceert onregelmatig het ‘Cahier van een lezer’. Op de letterkundige brug tussen Zuid-Afrika en de Lage Landen deel ik parafernalia in de geest van de gelijknamige kleinschalige boekprojecten van de Nederlandse schrijver E. du Perron. Het Cahier, waarvan later een boekpublicatie verschijnt bij Naledi, is een neerslag van leeservaringen op het gebied van Nederlandse en Zuid-Afrikaanse letteren.
#24 Vraaggesprekken met literaire agenten
DEEL 12 – In gesprek met Marni Bonthuys
In een vraaggesprek wordt actoren in de Afrikaanse literatuur gevraagd hoe zij hun rol beschouwen als literair agent, hoe en aan welke specifieke fluctuaties (literair, cultureel, maatschappelijk, economisch) het veld van de Afrikaanse letteren onderhevig is, welke uitdagingen zij persoonlijk ervaren als bepalend voor de actuele Afrikaanse letteren.
Gesprekspartners, tegelijk ook hoofdrolspelers in het Afrikaanse literaire gesprek, bekleden uiteenlopende rollen: schrijver, vertaler, uitgever, criticus, keurder, academicus. Eerst wordt gevraagd naar de institutionele functies en vervolgens gepeild naar ontwikkelingen in het hedendaagse Afrikaanse literatuurlandschap, welke wegen de betrokkenen zelf bewandelen in die trajecten van de literatuur en hoe het gesprek vandaag verloopt en/of welke de uitdagingen zijn voor de Afrikaanse letteren. Ieder gespreksgenoot spreekt natuurlijk in eigen naam, vanuit een particuliere positie en gericht op een persoonlijke esthetica, de institutionele rol van literair agent, van betrokken instantie in het vertoog over literatuur in een Zuid-Afrikaanse context.
Voor een toelichting bij het opzet van de interviews en een tweedelige inleidende tekst verwijs ik naar https://versindaba.co.za/2024/05/23/yves-tsjoen-cahier-van-een-lezer-18/. In de gesprekkenreeks zijn reacties opgetekend van Joan Hambidge, Johan Coetzee, Charl-Pierre Naudé, Marlies Taljard, Mercy Kannemeyer, Ilse van Staden, Eben Venter, Marita van der Vyver, Bernard Odendaal, Paul Kammies, Klara du Plessis, Alwyn Roux en Izak de Vries. Vandaag is Marni Bonthuys aan het woord.
1 Kun je het agentschap (“agency”) als literair betrokkene in het hedendaagse Afrikaanse literatuurlandschap becommentariëren? In het complexe systeem van literaire actoren, instanties en strategieën bekleed je naast velen hoe dan ook een eigen positie. Hoe zou je die rol zelf omschrijven?
MARNI BONTHUYS
Ek is ’n senior lektor in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Wes-Kaapland in Departement Afrikaans en Neerlandistiek. Ons is wat studentegetalle betref een van die grootste Afrikaans-departemente in die land met ongeveer 35 nagraadse studente (Hons, MA en PhD ingesluit) en tussen 40 en 60 derdejaarstudente. Ek is ook sedert 2017 die redakteur van die Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans (TNA) – die geakkrediteerde lyfblad van die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek.
Ek het my BA (Taal en Kultuur) asook my BA Honneurs, MA en PhD in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Stellenbosch behaal. ’n Gedeelte van my MA-studie is voltooi aan Universiteit Leiden in Nederland en die medestudieleier van my PhD was uself (!) wat uiteraard verbonde is aan die Universiteit Gent in België.
Sedert 2019 is ek afwisselend betrokke as gasdosent aan die Sentrum vir Afrikaans en Studie van Suid-Afrika aan UGent en ek was in 2023 ’n gasdosent vir 6 weke aan Universiteit Leiden. My beweeglikheid tussen Suid-Afrika en die Lae Lande is danksy die feit dat ek vanaf 2019 Belgiese verblyfreg het omdat my man in België woon en werk. Dit maak reise tussen die twee kontinente uiteraard makliker.
Ek sien myself vernaamlik as ’n akademikus en spesifiek ’n dosent. Ek sien myself hoegenaamd níé as ’n hekwagter nie, al werk ek as die redakteur van ’n akademiese tydskrif en is ek gereeld betrokke by resensering in die media en die beoordeling van literêre pryse vir Afrikaanse letterkunde. Afrikaans kan baat by minder hekke en meer gedeelde ruimtes. Ek hoop ek kan sulke ruimtes vir jong navorsers help skep.
2 Het gesprek over literatuur op het openbare forum wordt niet alleen bepaald door schrijvers, teksten en bijvoorbeeld de literatuurkritiek. Ook uitgeverijen, met zaakwaarnemers en managers, redacteurs, boekontwerpers en lectoren, of bijvoorbeeld literatuuronderwijs op school en aan universiteiten, bepalen naast tal van andere agenten het beeld van een literatuur(landschap). Welke poëticale visie of ideeën omtrent literaire producties verdienen (méér) aandacht in het huidige literair systeem?
MARNI BONTHUYS
Soos u weet, het my PhD-proefskrif gehandel oor die funksionering van die literêre veld en die wyse waarop waarde en status aan tekste en skrywers toegeken word. Ek het voorts gekyk na die bydrae van die rolspelers wat hierbo vermeld word. Ek het dus spesifiek probeer ondersoek hoe die hele literêre veld werk. Hoekom word sekere boeke bekroon met pryse? Het die soort boeke wat bekroon is verander oor tyd en hoe verskil wat in Afrikaans gebeur met wat in die Lae Lande gebeur? Tans in my navorsing ondersoek ek onder meer waarom sekere boeke so gewild is en watter soort boeke met verskillende pryse bekroon word. Ook: wat is die rol deesdae van sosiale media – ’n onderwerp wat baie min in die Afrikaanse letterkunde verreken word.
Aan die hand van hierdie navorsing en my persoonlike waarnemings, glo ek dat daar gewoon te min gesprekke in Afrikaans plaasvind oor die feit dat daar hierdie onsigbare meganismes is en ’n verskeidenheid rolspelers wat bepaal hoe ons letterkunde verbruik, wat gepubliseer word, maar ook wie in watter posisies aangestel word of befondsing binne die literêre veld kry. Mense is geneig om te dink dat dit half organies gebeur op grond van sekere vae begrippe soos die ‘literêre waarde’ van die boek of dan die ‘lekkerleesbaarheid’ van die storie, ‘talent’, ‘bekwaamheid’, ‘kunstenaarskap’ ensovoorts. Dit is natuurlik net ’n gedeelte van die waarheid. Sosio-maatskaplike, politieke en ekonomiese faktore sowel as iets voor die handliggends soos persoonlike netwerke speel alles ’n rol ten opsigte van hoe die literêre veld funksioneer. Mens moet hierdie prosesse meer eerlik bespreek en miskien so kan mistastings en onderlinge wantroue tussen rolspelers sowel as by die algemene publiek uit die weg geruim word.
3 Hoe zie je het hedendaagse landschap van een kleinere literatuur zoals die van het Afrikaans in een meertalige en multiculturele omgeving? Zijn er bepalende factoren en veranderingen die het gesprek over Afrikaanse literatuur vandaag anders maken dan gisteren?
MARNI BONTHUYS
Ek dink dit is duidelik dat die gesprek oor Afrikaanse literatuur en Afrikaans aan die verander is. In die eerste plek vind gesprekke op ander forums plaas, soos sosiale media wat ek hierbo noem. Dit veroorsaak dat die gesprek onmiddellik minder eksklusief is, want nie net skrywers, uitgewers en akademici kan byvoorbeeld deelneem nie, maar ook die algemene publiek.
Verder is talle van ons bekroonde en gewilde Afrikaanse skrywers asook opkomende skrywers bruin. Uiteraard word die Afrikaanse literêre veld tradisioneel oorheers deur wit sprekers van die taal. Daar is ook verskeie opkomende bruin akademici – soos die groot groep bruin nagraadse studente by my universiteit én aan ander universiteite se Afrikaansdepartemente wys. Hierdie jong akademici gaan die onderwysers, dosente, joernaliste en uitgewers word wat plek-plek nou al, maar veral in die toekoms, bepalende rolle in ons literêre veld speel. Dit sal ’n merkbare invloed hê op alle fasette van Afrikaans en die funksionering van die Afrikaanse literêre veld.
Tydens my besoeke aan universiteite in die Lae Lande raak ek telkens bewus van die feit dat ons in ’n era leef waar die internet akademiese en kulturele ruimtes óópgemaak het op ’n nasionale en internasionale vlak. ’n Literêre veld kan nie meer net bestaan uit mense van een ras, geslag en/of agtergrond nie. Diegene wat nog aandring op hekke en kampies, gaan hulleself vinnig-vinnig irrelevant maak in die toekoms en Afrikaans as taal en vakgebied geen gunste doen nie. Hopelik kan ons aanhou om meer oop ruimtes te bou en te handhaaf vir die volgende generasie Afrikaanssprekendes.
Beste Marni Ons is almal op ‘n manier hekwagters wanneer ons krities resenseer of by pryse betrokke is.
Of tydskrifte “bestuur”. Natuurlik moet daar gedeelde ruimtes wees, maar met kundigheid.
Selfs die vra van ‘n akademikus se mening oor ‘n artikel, vereis alreeds kundigheid en dalk is dit hoe ek ‘n hekwagter se rol sien. Nie as negatief nie.
Hallo Joan
Ek verstaan wat jy bedoel. En dit is natuurlik waar – die oomblik as jy deelneem aan die literêre veld is jy op ‘n manier ‘n hekwagter, selfs ten opsigte van die boeke wat jy as dosent voorskryf of nie voorskryf nie. Maar wat ek bedoel: ek sien myself nie as die toonaangewende stem ten opsigte van my oordeel oor ‘n boek (in ‘n resensie of voor ‘n klas nie). Ek stem dikwels nie saam met uitsprake in die tydskrif waarvan ek redakteur is nie, ook nie met outeurs se taalkeuses of gebruik van terme nie. As die keurders en proefleser daarop afteken, berus ek my egter by die besluit. Yves se vraag was ‘hoe sien jy jou eie posisie’. Ek dink aan myself as iemand wat ‘n werk moet doen (vir ‘n salaris!), wat een wieletjie in ‘n groot masjien is. Nie noodwendig as ‘n ‘Hekwagter van die Afrikaanse Letterkunde’ nie. (Hoop dit maak sin!)