Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
7 August 202413 August 2024

Yves T’Sjoen. Cahier van een lezer [32] – Vraaggesprekken met literaire agenten

 

 

“Ik ben een lezer met de buien van geestdrift en verontwaardiging van een lezer; ik ben geen voorlichter, en ik zou het niet willen zijn.” – du Perron

 

Versindaba publiceert onregelmatig het ‘Cahier van een lezer’. Op de letterkundige brug tussen Zuid-Afrika en de Lage Landen deel ik parafernalia in de geest van de gelijknamige kleinschalige boekprojecten van de Nederlandse schrijver E. du Perron. Het Cahier, waarvan later een boekpublicatie verschijnt bij Naledi, is een neerslag van leeservaringen op het gebied van Nederlandse en Zuid-Afrikaanse letteren.

 

#24 Vraaggesprekken met literaire agenten

 

DEEL 14 – In gesprek met Marius Swart

 

In een vraaggesprek wordt actoren in de Afrikaanse literatuur gevraagd hoe zij hun rol beschouwen als literair agent, hoe en aan welke specifieke fluctuaties (literair, cultureel, maatschappelijk, economisch) het veld van de Afrikaanse letteren onderhevig is, welke uitdagingen zij persoonlijk ervaren als bepalend voor de actuele Afrikaanse letteren.

Gesprekspartners, tegelijk ook hoofdrolspelers in het Afrikaanse literaire gesprek, bekleden uiteenlopende rollen: schrijver, vertaler, uitgever, criticus, keurder, academicus. Eerst wordt gevraagd naar de institutionele functies en vervolgens gepeild naar ontwikkelingen in het hedendaagse Afrikaanse literatuurlandschap, welke wegen de betrokkenen zelf bewandelen in die trajecten van de literatuur en hoe het gesprek vandaag verloopt en/of welke de uitdagingen zijn voor de Afrikaanse letteren. Ieder gespreksgenoot spreekt natuurlijk in eigen naam, vanuit een particuliere positie en gericht op een persoonlijke esthetica, de institutionele rol van literair agent, van betrokken instantie in het vertoog over literatuur in een Zuid-Afrikaanse context.

Voor een toelichting bij het opzet van de interviews en een tweedelige inleidende tekst verwijs ik naar https://versindaba.co.za/2024/05/23/yves-tsjoen-cahier-van-een-lezer-18/. In de gesprekkenreeks zijn reacties opgetekend van Joan Hambidge, Johan Coetzee, Charl-Pierre Naudé, Marlies Taljard, Mercy Kannemeyer, Ilse van Staden, Eben Venter, Marita van der Vyver, Bernard Odendaal, Paul Kammies, Klara du Plessis, Alwyn Roux, Izak de Vries, Marni Bonthuys en Pieter Odendaal. Vandaag is Marius Swart aan het woord.

 

1  Kun je het agentschap (“agency”) als literair betrokkene in het hedendaagse Afrikaanse literatuurlandschap becommentariëren? In het complexe systeem van literaire actoren, instanties en strategieën bekleed je naast velen hoe dan ook een eigen positie. Hoe zou je die rol zelf omschrijven?

 

MARIUS SWART

Miskien moet ek begin deur die onderliggende beskrywing van my as synde ’n “letterkundige akademikus” (dankie!) te problematiseer op die outo-etnografiese patroon wat tans in die mode is. In my onmiddellike konteks is daar naamlik ’n histories ingeburgerde dog geheel kunsmatige verdeling tussen taalkunde en letterkunde – eintlik Taalkunde en Letterkunde. Ek het my nog altyd vervolgens self ietwat tweekoppig gevoel – aan die een kant doseer en praktiseer ek in literêre vertaling; daar is natuurlik groot hoeveelhede vertaal- en ook literêre teorie van belang, en deeglike analise van jou brontekste is ’n noodsaaklikheid vir verantwoordbare vertaling. Aan die ander kant is ek aktief doenig in die formele sowel as die toegepaste taalkunde, wat weer ’n andersoortige wetenskaplike onderbou het. Van die begin van my formele studie af het ek geglo dat die kunsmatige onderskeid taalkunde<>letterkunde onwenslik en onwetenskaplik is. Wanneer ek dit hardop geuiter het, is dit gewoonlik begroet met goedige gekug en oë vlak starend in die middelafstand oor my oënskynlik lasterlike uitlatings. Maar ek staan daarby. Waar staan die poësie-analise byvoorbeeld sonder ’n grondige kennis van die sintaksis en die sosiolinguistiek? Hoe kan ons letterkundig besig wees sonder indringende belangstelling in die taal self? Wie bou ’n huis sonder minstens ’n kursoriese blik oor die buitelyn van die fondament, en hoe kan jy ’n resep verstaan of ’n gereg kook as jy nie weet hoe die bestanddele smaak nie? So, om terug te kom na jou vraag, kom ek beskryf myself vervolgens as 50% ketter en 50% kundige – ’n literêre vertaler met taalkundekennis, ’n sosiolinguis wat literêre manuskripte keur, ’n mederedakteur van twee akademiese joernale – een spesifiek oor taalkunde, een met ’n sterker letterkundefokus; ’n literêre redigeerder wat graag die taalreëls buig tot net voor hulle breek, want dis tog waar dinge interessant raak. Eens in ’n werksonderhoud het ek gesê dat jy omtrent alles wat jy oor ’n letterkunde hoef te weet, kan uitvind deur die regte seleksie gedigte uit die betrokke taal te vertaal. Ek het darem die werk gekry.

 

2  Het gesprek over literatuur op het openbare forum wordt niet alleen bepaald door schrijvers, teksten en bijvoorbeeld de literatuurkritiek. Ook uitgeverijen, met zaakwaarnemers en managers, redacteurs, boekontwerpers en lectoren, of bijvoorbeeld literatuuronderwijs op school en aan universiteiten, bepalen naast tal van andere agenten het beeld van een literatuur(landschap). Welke poëticale visie of ideeën omtrent literaire producties verdienen (méér) aandacht in het huidige literair systeem?

 

MARIUS SWART

(En moenie vergeet van die publiek en die sosiale media nie!) Ek vra by voorbaat om verskoning oor ek dalk nou prekerig gaan klink en met ’n ompad langs antwoord.

Kyk, ons almal knik al reëlmatig instemmend as daar breedweg na die letterkunde verwys word as ’n gekontesteerde ruimte, maar ek wonder of dit goed verstaan word. ’n Uiteenlopende verskeidenheid menings is ’n wenslike ding. Diversiteit is gesond in enige stelsel. Te gereeld is skoolkinders se primêre kontak met boeke egter van die aard waar daar ’n regte en ’n verkeerde antwoord oor een of ander aspek van ’n uiters beperkte seleksie literêre tekste aangeleer word. Amper sonder uitsondering word hierdie tekste op ’n eng en instrumentalistiese manier aangepak, met die gevolg dat kinders begin glo hulle “vang nie die gedig nie” omdat ’n gedig net een “boodskap” het, so hulle is verkeerd as hulle dit anders lees as die “antwoorde” in een of ander studiegids. Dis natuurlik ook ’n fyn en genuanseerde balanseertoertjie om te navigeer tussen vakkundig begronde kritiek en afleidings aan die een kant, en aan die ander kant dit wat my oudkollega en die puik navorser en poësiedosent Ronel Foster altyd “inleeskunde” genoem het. En ja, dit is moeilik, maar dit is waarna daar gestreef behoort te word in opleiding en opvoeding aan die hand van literêre tekste.

Dit sluit ook in dat daar ’n beter balans moet kom tussen die literatuur as ’n soort mistieke klub vir enkele uitverkorenes, en die literatuur as ’n integrale deel van die menslike belewenis (wat per definisie vir almal toeganklik is, of behoort te wees). Wat ek probeer sê, is dat ons in die breë literêre omgewing ’n plig het, en ek beskou dit as ’n morele een, om weerstand te bied teen die soort raserige oningeligtheid wat op soveel ander vlakke van die lewe besig is om die norm te word. Dit beteken nie dat die formele letterkundestudie en -beoefening eksklusief of elitisties is soos wat dit soms op die boekeblaaie uitgemaak word nie; dit gaan oor erns en deeglikheid, oor die deel van kundigheid, die uitwys en ontsluiting van konneksies en gelaagde betekenisse, en alles anders wat die letterkunde so heerlik maak. Geen ware letterkundige probeer enige iets vir hulself afbaken of ontoeganklik maak vir die publiek nie; hulle kry juis hulle kick daaruit om dinge te deel, om te doseer en te bespreek, om te skryf, om oop te maak, lig te werp. Lord knows, hulle doen dit ook nie vir die geld nie. En die goeies onder hulle is boonop uiters nederig daaroor. Waarom dit alles met soveel agterdog bejeën word deur sekere lesers, sal ek nooit begryp nie, maar ek dink dis oor sommige van hulle skade opgedoen het in hulle eerste kontak met die letterkundestudie, naamlik die soort hoërskoolklas waarna ek hier bo verwys en die voorgeskrewe tekste daar.

Dit wat geld vir menings oor die ekonomie of die Amerikaanse verkiesing of kinders grootmaak, geld natuurlik ook in die letterkunde – rondom die braaivleisvuur is ons almal sterk oortuig van ons eie standpunt, en dis goed so, maar dit beteken nie dat ons kundiger is as mense wat hulle lewens en loopbane aan die bestudering van die betrokke saak gewy het nie. Jy bel tog nie die raadslid met die sterk mening oor Trump vir hulp met jou besigheid se belasting nie, jy bel ’n rekenmeester. En jy gaan eweneens nie op die sosiale media loop gil en skree oor hoe rekenmeesters eintlik niks meer weet van rekeningkunde as ek en jy self, en hoe elitisties dit van hulle is om nou jou rekeninge te wil balanseer op die manier wat hulle op universiteit aangeleer het nie. Dis ooglopend onsinnig. Hoekom dan die wantroue in mense wat letterkundig opgelei is en die werk wat hulle doen?

Om dit prakties uit te druk: Daar is absoluut plek vir dinge soos lesersindrukke, meningstukke en resensies deur elke enkele mens wat sterk genoeg voel om ’n uitspraak oor ’n boek te maak, hetsy in die tradisionele media of in ander formate, maar dit vervul nie sonder meer dieselfde rol as resensies, meningstukke of ander bydraes deur opgeleide kundiges nie. Die een is nie beter of belangriker as die ander nie, maar dit bly fundamenteel verskillende tekstipes met verskillende vertrekpunte en doelwitte. En dit is tog per definisie ’n goeie ding om méér perspektiewe op ’n saak te kry eerder as minder of, behoede ons, een “korrekte” perspektief. Dié van ons wat werklik om den brode besig is met die letterkunde, is nie daar om finale of afsluitende antwoorde te gee of om “reg” te wees oor wat ’n boek “beteken” nie. Ons bring ’n perspektief wat ons aan die hand van bepaalde uitgangspunte en interpretasies begrond, en elkeen het die reg om daarvan te verskil as hulle eweneens húlle perspektief goed kan begrond. Maar dit gaan uiteindelik oor daardie begronding, en oor die gevolglike gesprekvoering. Ons kan dan ook beskaafd van mekaar verskil – ideaal gesproke is dit wedersyds verrykend – sonder om ons bydraes te begin verdedig of mekaar byvoorbeeld oningelig of onkundig te noem.

Jy weet, resensies is baie soos grappe. Die goeies hoef nie verduidelik of gemotiveer te word nie, maar staan op eie pote.

Om terug te kom na die punt: In ’n ideale wêreld sien ek ’n veelheid goed begronde menings oor boeke wat vry uitgedruk word en ’n wedersydse gesprek wat ontstaan sonder dat dit in kleinlikheid en bitsigheid verval. Sodoende kan ingeligte en wetenskaplik gefundeerde gesprekvoering op ’n hoë peil genormaliseer word, en die letterkundige ruimte ’n oop en diverse een wees (sonder ’n klein elite-groepie aan die bopunt van ’n soort piramide wat die mistieke reg het om te deklameer dat ’n boek Goed of Sleg is sonder dat hulle ooit daardie standpunt in gewone taal hoef te verduidelik – byvoorbeeld). Hiervoor moet die bykans afwesige leeskultuur in ons land natuurlik heel eerste aandag kry, want hierdie realiteit moet van grondvlak af opgebou word. Noem dit ’n utopiese visie, soos Christopher Stroud dit noem wanneer hy praat van taalburgerskap.

 

3  Hoe zie je het hedendaagse landschap van een kleinere literatuur zoals die van het Afrikaans in een meertalige en multiculturele omgeving? Zijn er bepalende factoren en veranderingen die het gesprek over Afrikaanse literatuur vandaag anders maken dan gisteren?

 

MARIUS SWART

Meer is beter, en daar is groter oorlewingskrag in groter diversiteit, in die literatuur net soos in die natuur – mits verandering nie per definisie as ’n eksistensiële bedreiging uitgemaak word nie. Die woord “landskap” laat my daaraan dink dat letterkundiges nie hekwagters is soos hulle soms genoem word nie, maar dalk eerder iets soos natuurbewaarders wat begeleide toere gee deur ’n goed versorgde reservaat.

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Yves T’Sjoen. Cahier van een lezer [31] – Vraaggesprekken met literaire agenten
Yves T’Sjoen. Cahier van een lezer [33] – Vraaggesprekken met literaire agenten →

2e gedagtes oor “Yves T’Sjoen. Cahier van een lezer [32] – Vraaggesprekken met literaire agenten”

  1. Joan Hambidge says:
    7 August 2024 at 17:57

    Puik. Veral oor die kunsmatige verdeling tussen Taalkunde en Letterkunde soos HJ Snyman uitgewys het in Mirakel en Muse. Of Ina Gräbe in hierdie studies oor die digkuns.
    Die Lawaaiwater oor die letterkunde is veral met sosiale media verder gevoer.
    Almal is geregtig op ‘n mening, maar ‘n ek-hou-van-bespreking haal nog kant nog wal.
    Soos ‘n bruisende polemiek op Litnet tans illustreer.

    Reply
    1. Marius Swart says:
      8 August 2024 at 08:42

      Dankie vir die mooi woorde, Joan. Ek moet ook noem dat my eie Departement my die vryheid gee om so aan beide kante van die denkbeeldige lyn te werk, en geïntegreerde werk aktief aanmoedig.

      Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Watter danige lieflikheid was ons?
  • Maritha Broschk. laat dié wat oë het, voel
  • Hennie Nortjé. Shaka
  • Yolanda-Faye Holden. Beeld
  • Willem M. Roggeman. Een diva met vakantie

Nuutste kommentaar

  1. Maritha Broschk on Keith Oliver Lewis. vroeg ryp, vroeg vrot: mirror chat before the runway21 June 2025

    Liewe hemel. Dié het my nou wragtigwaar geráák.

  2. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (I)17 June 2025

    Baie dankie, Ilse. Dié vertaalprojek is ‘n opwindende en uitdagende onderneming soos min vir my en Robert.

  3. Ilse on 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (I)9 June 2025

    Dankie vir die lieflike vertalings!

  4. Heleen Louw on Jacobus Swart. Franz Kafka4 June 2025

    Treffend uitgebeeld. Jou vermoe om die essensie van 'n lewe' te omskryf is iets besonders vir my. En dan jou…

  5. Caren Kearley on Resensie: “Dawerende stiltes” (Caren Kearley)4 June 2025

    Dankie Maria, jy is welkom om my te kontak as jy een wil bestel. carenkearley@gmail.com. Ek is Ninni ewig dankbaar…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d