Serenade van genade
in die refleksie van die son
bly jy immer vrou
met emosies wat skommel
tussen hier en nou
waaksaam skuifel jou oë
oor die wit duin se kruin
waar ’n duisend gedagtes
in die skadu van ’n wolk
wagtend en smagtend lê
luister, na die stem van genade
waar dit dansend fluister;
toegevou in die wind se serenade
voor jou hart in die lewe
se kronkelpaaie
wil verbrokkel
en verlore raak
© Anzé Bezuidenhout