Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
6 August 20246 August 2024

Anzé Bezuidenhout. Fasette van jou wese

 

Fasette van jou wese

 

Hoe sal ek jou lewe kan beskryf

as ek vandag ’n skildery moet verf?

 

In die bont van ’n reënboog palet

hoor ek die kwiksilwer van jou lag

en verdwaal ek totaal en al

in die koningsblou van jou kyk

terwyl jou lippe pruil

in protea-pienk.

 

Tog, sien ek ook

in die hartseer buitelyne

van jou sagte mond,

die woestyn-bruin kepies

waar rooigranaat einas

uit ’n vergange verlede

jou steeds knel en byt

 

dan wil ek jou koester

met die hitte van ’n

botterblom-geel son

sodat jou denke weer

bruidswit kan skaterlag.

 

© Anzé Bezuidenhout, 2024

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Anzé Bezuidenhout. Weeskind van Distrik 6
Anzé Bezuidenhout. Serenade van genade →

4e gedagtes oor “Anzé Bezuidenhout. Fasette van jou wese”

  1. Elna Booysen says:
    6 August 2024 at 16:33

    Anzé, dit is eina mooi ….

    Reply
    1. Anze says:
      7 August 2024 at 11:13

      Baie dankie Elna vir jou saamlees en voel

      Reply
  2. Sarel van Zyl says:
    6 August 2024 at 15:52

    Wow! Dis mooi…

    Reply
    1. Anze Bezuidenhout says:
      7 August 2024 at 11:23

      SArel ek kan net met nederigheid dankie sê vir jou saamlees en kommentaar

      Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d