Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
27 August 20246 August 2026

Carina van der Walt. Oksitaanse dagboek 

 

Okkitaanse dagboek

 

 mooiweer in Carcassonne

(16 Mei 2024)

 

dit is mooiweer in jou oë

staan in graffiti

op ’n blou deur

tussen swart gate

sonder vensters skedeloë

 

teen ’n wolkelose hemel

teken ’n vliegtuig

in ’n omdraailus

op blou-blou lug

’n boodskap wat wegdryf

 

jou oë kaats nuwe

lewe – werp blougroen

oor die Aude – welkom

terug van ver weggewees

terug uit die doodse blik

 

 

skildersles voor ontbyt

  

plots loop ek deur ’n ou foto

van Willy Ronis uit 1952

– Petit Parisien –

stokbrood onder die arm

verby die klassieke fontein

oor Plein Carnot in Carcassonne

 

geen swartwit maar okerbruin

in my skildershemp & enkelbroek

gretig in plat blinkleerskoene ontwyk

ek die strale uit dolfyne se bekke

die stad is pas wakker as ek versigtig

die kode invoer soos altyd in Suid-Afrika

daar staan ek dan

Picasso se leerling tweegesigvrou

 

 

nagfoto

 

 terug van weggewees

neem ek ’n selfoonfoto

van ’n grysbaardman

wat outyds sit & skryf

 

haastig oor woorde

wat hom oorval

het hy sy hoed nie af-

gehaal sy bier vergeet

 

so pen hy iets neer

ons plein word ’n skildery

met ligpoele teen okerbruin

ek vang hom vinnig vas in sepia

 

vergete ’n mislukte skilderspoging

met dié toevalstreffer op my foon

Picasso se les?

fotografie het die skilderkuns bevry

 

 

vlug bo Villefort

 

 ons sweef op die termiek

sirkel oor die berg se tone

vlak verby die kasteeltoring

sien ons ’n wingerd omsoom

met goudgeel besembos

sien ons rye wynstokke

met bloedrooi papawers

sien ons die gehug Laborie

Laborie vat ons tweesitplek-

sweeftuig terug na die Kaap

terug na waar sweef by wyn begin

& deur ons bloed brein toe styg – bo

Villefort is ons kasteel ’n glaskoepelkajuit

 

 

stille kragte

 

 as die lente kom smelt die sneeu soos ’n

jonkvrou op die Pireneë se hoogste piek

 

by gebrek aan ’n rivier & genoeg stroom syfer

Lavelanet se smeltwater gretig deur die bogrond

onder druk syfer ook ék geduldig deur die kalkrots

drup ek my druppels in sy ondergrondse steenkom

 

verlies swakheid wanhoop angs – alles vang hy op

tot ons water nuwe lewe & hoop vir my bring

as ek myself spieël in die stil dam van sy grot

begin ek stadig opstyg om by sy tuit uit te lek

 

geleidelik rek hy sy smalte breed uit tot bek

om my oor sy rand te laat stort – bly oor my

kragtige terugkoms teen 1800 liter per sekonde

gee hy ruimte om deur te stroom na my ou self

 

werk die stille kragte van natuur & mens dieselfde?

is ons kom & ons gaan beseël in wegsyfer & opvang?

 

© Carina van der Walt, 2024

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Carina van der Walt. valsspelers Lambertsbaai
Carina van der Walt. literêre piramides →

1e kommentaar op “Carina van der Walt. Oksitaanse dagboek ”

  1. Alwyn Roux says:
    27 August 2024 at 18:13

    Pragtige Carcassonne-geïnspireerde verse. Vol lig!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d