Die Spreuke 31-vrou
‘n Deugsame vrou se waarde
is ver bo korale
jy kan op haar vertrou
om ‘n veilige huis te bou
in haar is net goed, geen kwaad
jy kan alles maar in haar hande laat
sy is fluks en gewillig
nie bang om enige taak te verrig
sy sorg vir brood op die tafel
dat jou klere nie uitrafel
sy sorg dat almal genoeg kan eet
waar sy alles kry, sal net sy weet
sy sorg ook vir die armes en behoeftiges
vir klere, kos en iets om die dors te les
sy sorg dat haar gesin warm bly
ook dat hulle nooit uit haar arms gly
sy is nie bekommerd oor die volgende dag
sy weet reeds wat om te verwag
sy sal jou met wysheid vermaan
jou wys watter weg om te gaan
sy is voortreflik in al haar werke
sy weet by God is haar sterkte
sy weet met Hom is sy tot alles in staat
gelowig sal sy alles aan Hom oorlaat.
© Saretha Benadé. 2024
