Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
24 December 2023

Kersfeesgedigte van ons lesers (4)

 

Saretha Benadé

 

Maria

 

Maria, was jy bang toe jy en Josef moes vlug

daardie nag op ‘n donkie se rug

wat het deur jou kop gegaan

toe jy besef jy stap die pad wat God sou baan

 

was jy angstig toe julle nêrens plek kon kry

en jy besef jou tyd is baie naby

hoe moedeloos moes jy voel

hoeveel emosies moes oor jou spoel

 

ek is seker as jy kon kies

sou jy iets anders as ‘n stal verkies

toe jou pyne begin het niks anders meer saak gemaak

as die Kindjie wat soveel lewens sou raak

 

toe jou Kindjie gebore is

kon jy uiteindelik rus

jy het Hom in doeke toegedraai

ek glo vir jou was Hy vreeslik fraai

 

jy het Hom seker styf teen jou vasgedruk

sekerlik oneindig groot was jou geluk

het jy toe besef wat jou doel was

en dat alles soos ‘n legkaart perfek sou pas

 

was jy verwonderd oor die herders se verskyning

toe jy besef dat ‘n engel hulle tot by die stal moes bring

was jy verstom oor die wyse manne se geskenke

en was al die gebeure ooit in jou denke

 

Maria, geseënde vrou

God het jou spesiaal gekies en vertrou

om Sy Seun in die wêreld te bring

om sodoende redding vir die wêreld te bring

 

Maria, besef jy hoe groot was jou taak

hoe baie harte jy nog sou raak

Maria, geseënde vrou

God het toe wel Sy belofte gehou.

 

*

 

Saretha Benadé

 

Stille nag

 

Stille nag, heilige nag

hierdie nag, só vol prag

toe die Heiland gebore is

om finaal sonde uit te wis.

 

Stille nag, heilige nag

die Heiland só lank verwag

uiteindelik in ‘n stal gebore

onder die klank van engelkore.

 

Stille nag, heilige nag

vol majesteit en krag

herders en wyse manne het hulde gebring

aan die lank verwagte Koning.

 

Stille nag, heilige nag

sing engelkore so sag

‘n lied wat almal kon hoor

‘n lied wat vandag nog bekoor.

 

Stille nag, heilige nag

só klink dit nog vandag

eeue ná daardie nag

sal ons steeds die Heiland verwag.

 

*

 

Anne-Marie Bartie

 

vyfde goewerneur van Judea

 

onder Tiberius presideer jy verhoor

pro-forma regter ʼn swakkeling met mag

diabolies, die duiwel met gereedskap

ʼn houtkruis op jou voorkop ingeëts

in die naam van Godsláster, essensieel gemóór

regspraak gelewer

deurboor die hande van die mens

dan vra die helleveeg  kondonasie

was die bloed van die mens van sy hande af

forseer die dolk van vergifnis in sy eie hart

en in een swaardeveeg lê sy kop skeef langs sy lyf

komiéklik dood

op die vleuels van ʼn engel is jy hemel toe

asof jy self saligheid gebring het

Pontius, jy word deur alle volke geseën

Amen

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Kersfeesgedigte van ons lesers (2)
Anne-Marie Bartie. oordink (M) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d