Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
24 September 2024

Christiaan Diedericks. Ek is nie jou storie nie

 

Ek is nie jou storie nie

 

om die vuur van ‘n bitter toekoms

dans ek, Hiawatha, ‘n hartseer

Onondaga lied

riviere sweet

Ojibwa, gestand my naam

 

vanaand se sekelmaan

krans om my gemoed

 

wil jy my longe sien?

gebreekte ribbe

oopgesper

blood eagle

 

ek het die aarde oopgekloof

lank voor Ragnar, Sitting Bull,

Victorio en Tecumseh

 

die toekoms het in my oë kom lê

 

‘n Comanche boogskutter pyl akkuraat

hangend teen die sy van ‘n wilde perd

op vol galop

 

Geronimo, Chiricahua

legende het voor agtien

sy eerste buffelhart

gesluk

 

Apache medisyneman

in ‘n diep beswyming

uitoorlê die skoppensboer

sonder gifbolblare, grashout, of kalmoes

 

glo my slu witgesig

ons stories bly lewe

 

onder Lady Liberty

se bedrieglike koper-rok

brand ons helder

die fakkel sonder vlam

 

© Christiaan Diedericks, 2024

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Christiaan Diedericks. Kneuspersblom →

6e gedagtes oor “Christiaan Diedericks. Ek is nie jou storie nie”

  1. Hieronymus Brink says:
    24 September 2024 at 19:18

    Uitstekend!

    Reply
    1. Christiaan Diedericks says:
      24 September 2024 at 20:08

      Dankie Ronie! Met waardering! ❣️

      Reply
  2. Melanie Grobler says:
    24 September 2024 at 15:32

    Uitmuntende digkuns. Bravo!

    Reply
    1. Christiaan Diedericks says:
      24 September 2024 at 20:07

      Dankie liefste Melanie… ❣️

      Reply
  3. Anne-Marie Bartie says:
    24 September 2024 at 11:34

    Sjoe…lanklaas, soveel in een gedig beleef. Briljant

    Reply
    1. Christiaan Diedericks says:
      24 September 2024 at 13:05

      Baie dankie Anne-Marie!

      Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d