
M.M. Walters (23 Januarie 1930 – 21 Oktober 2020) is op Moorreesburg gebore en matrikuleer aan die Hoër Jongenskool Wellington. Hy studeer aan die Universiteite van Kaapstad en Suid-Afrika en doseer Afrikaans en Nederlands aan die Graaff-Reinetse en Paarlse Onderwyskolleges en die Universiteit van Kaapstad.
Sy eerste gedigte is in Standpunte gepubliseer en later saamgevat in die bundel Cabala, waarvoor hy die Eugène Marais-, Ingrid Jonker- en W.A. Hofmeyr-prys ontvang. Daarna volg nog vyf digbundels waarvan die laaste een Satan ter Sprake is. Walters publiseer verskeie dramas, waaronder Die vroue van Kores en Die wingerdstok sal rank en die bundel satiriese essays, Saturae. Benewens vertalings uit Vergilius, publiseer Walters ook Shi-ching: Liedereboek (2003), ‘n keur uit die Chinese poësieskat, en Aki no kure: Herfsskemering (2006) uit die Japannese digkuns. Walters publiseer ook drie koffietafelboeke met gedigte en foto’s uit die streke van die Swartland en Weskus. Die jongste bundel Braille-briewe, verskyn by Protea Boekhuis in 2011.
![]()
Nota van die Versindaba-redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons bygewerkte profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com.
Van ‘n digter wat al een of meer solobundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:
-
-
- ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
- ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste niepoëtiese publikasies)
- ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
- Enige ander interessante feite oor jou
-
Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite onder mekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.
Indien jy bereid is om ‘n profiel te skryf oor ‘n gestorwe digter, laat weet my asseblief by taljard.marlies@gmail.com.
