Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
14 October 202428 August 2024

Digtersprofiel: George Weideman

08 George Weideman [1947-2008] - YouTube

George Weideman is in 1947 op Cradock gebore en het aan die Hoërskool Namakwaland op Springbok gematrikuleer. Hy studeer aan die Universiteit van Pretoria en behaal in 1981 ’n doktorsgraad aan die Rhodes Universiteit. Hy doseer Afrikaans aan die Universiteit van Namibië en die Technikon Skiereiland (nou die Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie) tot met sy aftrede in 1997. Tans skryf hy voltyds.

Weideman debuteer in 1966 met Hondegaloppie, ’n bundel met verse oor die Karoo, Boesmanland en Namakwaland. Later verskyn As die son kliplangs spring (1969), Uit hierdie grys verblyf (1987) en ’n Staning onder sterre (1997).

In 1983 verskyn Weideman se eerste kortverhaalbundel, Tuin van klip en vuur en in 1994 Die donker melk van daeraad. In 2007 publiseer hy sy derde verhalebundel, Newelig. Drie van sy dramas word deur die Universiteit van Namibië opgevoer. Die drama My plaas se naam is Vergenoeg verwerf in 2004 die eerste SANLAM-toneelprys, terwyl SANLAM ook drie van sy radiodramas bekroon. Hy skryf verskeie jeugboeke. Die roman Die onderskepper word in 1998 met die W.A. Hofmeyr-prys bekroon en die roman Draaijakkals (1999) ontvang die ATKV en MNet-pryse in 2000.

In 2006 verskyn Verskombuis,’n kookboek met illustrasies en gedigte.

Weideman is in 2008 oorlede.

 

 

 

 

 

Nota van die Versindaba-redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons bygewerkte profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com.

Van ‘n digter wat al een of meer solobundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:

      • ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
      • ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste niepoëtiese publikasies)
      • ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
      • Enige ander interessante feite oor jou

Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite onder mekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.

Indien jy bereid is om ‘n profiel te skryf oor ‘n gestorwe digter, laat weet my asseblief by taljard.marlies@gmail.com.

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Digtersprofiel: M.M. Walters
Digtersprofiel: Jelleke Wierenga →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember
  • Margaret Cordier. Wes-kus Desember
  • Margaret Cordier. Tog
  • Stephan du Toit. Florence Nightingale

Nuutste bydraes

  • Johann Lodewyk Marais. N.P. van Wyk Louw se “Beeld van ’n jeug: Duif en perd” as vermaning
  • bevan boggenpoel. oupa doela
  • Wat lees jy? “Douwenis” (Daniel Lötter)
  • Marius W Garbers. Glo deur die solderdeur
  • Johann Lodewyk Marais. Lina Spies se ongemaklike band met Harrismith en die Noordoos-Vrystaat

Nuutste kommentaar

  1. Joan Hambidge on Marius Crous. Vier gedigte26 October 2026

    Uitstekend.

  2. Versindaba on Marius Crous. Vier gedigte25 October 2026

    Jacobus, "Dr. Swathe" se onvanpaste kommentaar is verwyder.

  3. Etienne on Andries Fourie. Waar die stilte wit is24 October 2026

    Mooi

  4. Bernard Odendaal on Johan Myburg. Vertaling uit Afrikaans in Duits. (Vert. Robert Schall)24 October 2026

    Robert Schall weet hoe om vertalend reg te laat geskied aan ‘n treffende Afrikaanse óf Duitse gedig.

  5. Jacobus Swart on Marius Crous. Vier gedigte24 October 2026

    Daar sal in 'n samelewing altyd diegene wees wat die Parthenon op die Akropolis in 'n favela wil verander. Dr.…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d