Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
14 October 202428 August 2024

Digtersprofiel: George Weideman

08 George Weideman [1947-2008] - YouTube

George Weideman is in 1947 op Cradock gebore en het aan die Hoërskool Namakwaland op Springbok gematrikuleer. Hy studeer aan die Universiteit van Pretoria en behaal in 1981 ’n doktorsgraad aan die Rhodes Universiteit. Hy doseer Afrikaans aan die Universiteit van Namibië en die Technikon Skiereiland (nou die Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie) tot met sy aftrede in 1997. Tans skryf hy voltyds.

Weideman debuteer in 1966 met Hondegaloppie, ’n bundel met verse oor die Karoo, Boesmanland en Namakwaland. Later verskyn As die son kliplangs spring (1969), Uit hierdie grys verblyf (1987) en ’n Staning onder sterre (1997).

In 1983 verskyn Weideman se eerste kortverhaalbundel, Tuin van klip en vuur en in 1994 Die donker melk van daeraad. In 2007 publiseer hy sy derde verhalebundel, Newelig. Drie van sy dramas word deur die Universiteit van Namibië opgevoer. Die drama My plaas se naam is Vergenoeg verwerf in 2004 die eerste SANLAM-toneelprys, terwyl SANLAM ook drie van sy radiodramas bekroon. Hy skryf verskeie jeugboeke. Die roman Die onderskepper word in 1998 met die W.A. Hofmeyr-prys bekroon en die roman Draaijakkals (1999) ontvang die ATKV en MNet-pryse in 2000.

In 2006 verskyn Verskombuis,’n kookboek met illustrasies en gedigte.

Weideman is in 2008 oorlede.

 

 

 

 

 

Nota van die Versindaba-redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons bygewerkte profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com.

Van ‘n digter wat al een of meer solobundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:

      • ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
      • ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste niepoëtiese publikasies)
      • ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
      • Enige ander interessante feite oor jou

Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite onder mekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.

Indien jy bereid is om ‘n profiel te skryf oor ‘n gestorwe digter, laat weet my asseblief by taljard.marlies@gmail.com.

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Digtersprofiel: M.M. Walters
Digtersprofiel: Jelleke Wierenga →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid
  • Nuwe Publikasie. Ilse van Staden: Metamorfose
  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d