in vertaling verlore
sou dit nie vreemd wees
om vir john milton
in ‘n bulderende afrikaanse
stem te hoor praat nie
verbeel jou
‘n hemelse boodskapper
in oorlogsgewaad kompleet
met skild en swaard
kom sit aan jou etenstafel
en deel jou mee dat
in ‘n vorige veldslag
die verlies subtiel was
© johan swanepoel 2024